MOSAIC LAGOON LODGE
VERBLYF & WITTEBROOD / OVERBERGOp die oewer van die Kleinrivier lagoon net 7km buite Stanford in die Overberg, bied Mosaic Lagoon Lodge 5 Ster verblyf met panoramiese uitsigte oor die strandmeer en berge in die verte. Met slegs 5 luukse Safari-styl suites bied die lodge privaatheid en rustigheid met huiskneg wat jou tot in die afgrond sal bederf. Dis die perfekte wittebrood bestemming om te kom ontspan en een te word met die natuur. Alles is ingesluit en julle hoef werklik nêrens heen te gaan terwyl jul daar is nie.
Gaste by Mosaic Lagoon Lodge kan kies om deel te neem aan van die aktiwiteite daar. Die keuses is ʼn heerlike natuur wandel saam met een van ons gidse, ʼn vierwiel-motorfiets rit deur die plaas, ʼn strand uitstappie volledig met verversings of ʼn rit saam met die Lady Stanford op die Kleinrivier. Vir verdere bederf is daar die Milkwood Spa waar julle kan kies tussen individuele of paartjie behandelings.
Die lodge is geleë op die oewer van die Kleinrivier lagoon binne-in ʼn Melkhout bos. Die suites gebou uit klip met rietdakke skep ʼn spesiale, dog luukse, Afrika gevoel en jy kan jouself nie indink dat jy net iewers in die Wes-Kaap is nie.
Die eksklusiwiteit van die lodge beloof ʼn onvergeetlike ervaring en Maryke en haar span sal sorg dat jul wittebrood werklik iets sal wees om te onthou.
KONTAK DIE DIENSVERSKAFFER
GEPUBLISEER OP MOOI TROUES
MEER INLIGTING
KLIËNTE RESENSIES
Geen resensies op die oomblik nie.