Rumario & Chriszelda se Troue in die Robertson Vallei
deurIn dié artikel deel ons Rumario en Chriszelda se troue in die…
Wederom het ʼn fassinerende geskiedenis wat terug dateer na 1933 waar ʼn unieke tapisserie van Italiaanse, Nederlandse en Suid-Afrikaanse invloede aanleiding gegee het tot die plaas se eiesoortige karakter en sjarme. Geleë diep in die Langeberge in Robertson, bekend as die vallei van wyn en rose, is Wederom ideaal geskik vir een van die mees spesiale dae in enige bruid en bruidegom se lewens.
By Wederom, kom die Boland se natuurskoon, ʼn treffende, kontemporêre trou venue en ʼn diep persoonlike beplanningservaring saam om die trou-ervaring onvergeetlik te maak vir elke paartjie.
Die venue kan 120-150 gaste akkommodeer. Met 12 volledig gemeubileerde gastehuis-eenhede wat slaapplek vir 24 – 30 mense bied vir diegene wat wil oornag. ‘n Pragtige wittebroodsuite, wat ook ideaal ingerig is vir die bruid en bruidsmeisies om in reg te maak is onlangs bygevoeg om die Wederom aanbieding nog meer geskik te maak vir die perfekte Wynland-ervaring!
Om alles te kroon, kan paartjies hul troudag vier met unieke boetiek-styl Wederom-wyne. Daar is meer as genoeg rede om u droomdag op Wederom te vier! Kontak hulle vandag vir besoek, of doen navrae oor hul pakkette.
By Wederom Wedding Venue & Guest Farm bied ons 12 self-sorg gaste eenhede, beskikbaar vir 24 van jou naastes om op die perseel te bly. Daar is ook ‘n splinternuwe en pragtig versierde Bruidskamer, perfek vir ‘n glasie klink saam met jou strooimeisies terwyl daar reg gemaak word! Na afloop van die bruilof, dien die bruidskamer as ‘n ideale ‘Honeymoon Suite’ Op ‘n trou naweek, moet ‘n minimum van 6 kamers, sowel as die Bruidskamer, deur die bruidspaar bespreek word vir twee nagte.
In dié artikel deel ons Rumario en Chriszelda se troue in die…
Geen resensies op die oomblik nie.