SCHAFTPLAAS

TROU VENUE & VERBLYF / WESKUS

Nêrens langs die Weskus, is daar ʼn meer unieke geleentheid om die egte gevoel van ʼn plaas te ervaar soos op Schaftplaas nie.  Hierdie pragplaas dateer uit die 1700’s toe Simon van der Stel die land geproklameer het vir die Frijburgers en die pragtige Herehuis met gewels is reeds in 1832 opgerig.  Schaftplaas is slegs ʼn uur se ry vanaf Kaapstad en nie net uiters goed geleë nie, maar ook binne gerieflike afstand vanaf Langebaan en die Weskus Nasionale Park.

Schaftplaas bied uiteenlopende moontlikhede om die verbeelding vrye teuels te gee en wonderlike funksies aan te bied met die hulp van die groot versameling oudhede en rekwisiete, oftewel “props”, wat oor die jare met baie liefde deur Alet Kruger, die eienaar van Schaftplaas, versamel is.  Alet is boonop alombekend as ʼn ongelooflike gasvrou wat vir alles regstaan om te verseker dat elke bruid se drome verwesenlik word.  Niks is vir haar te veel moeite om toe te sien dat die spesiale dag seepglad verloop nie.

Schaftplaas het vyf splinternuwe selfsorg-kothuise beskikbaar met elke gerief waaraan jy kan dink.  Boonop is daar ook klaar opgeslaande “glamping”-tente met slaapgeriewe beskikbaar.  Knus binne ʼn ou skuur op Schaftplaas is die intieme, karaktervolle kapel wat 70 gaste met gemak kan akkommodeer.

Die nuut geboude plaasskuur funksie lokaal bied gerieflike sitplekke rondom tafels vir 200 gaste. ʼn Wonderwêreld word opgetower wanneer die son sak en stringe feetjie-liggies oral begin skitter.  Boonop is daar ook binne en buite plekke vir vuurmaak. Wanneer die musiek begin speel, verleen die  dansvloer genoeg spasie vir dansers en ʼn orkes.  Schaftplaas het ook ʼn private kroeg en spyseniering-kombuis beskikbaar met etlike egte Weskus spyskaarte wat alle smake sal bevredig.

Hou in gedagte dat Schaftplaas boonop ook ʼn buitelug seremonie-lokaal tussen lieflike bloekombome in die veld beskikbaar het.

Foto geleenthede om van te kies en keur tussen Schaftplaas se eie perde, veteraan voertuie, die pragtige natuurskoon en in die lente ook ʼn kleurvolle blommeprag.







    KONTAK DIE DIENSVERSKAFFER

      JOU NAAM:

      E-POS ADRES:

      SELFOONNOMMER:

      TROUDATUM:

      BOODSKAP:



      GEPUBLISEER OP MOOI TROUES

      MEER INLIGTING

      sit FACEBOOK instagram

      KLIËNTE RESENSIES

      Geen resensies op die oomblik nie.

        SKRYF JOU RESENSIE ONDER

        Hy jy gebruik gemaak van die diensverskaffer vir jou troue?  Los asseblief 'n resensie oor jou ervaring.


        WANNEER HET JULLE GETROU?



        SKRYF JOU RESENSIE OOR DIE BESIGHEID ONDER:



        JOU NAAM:


        E-POS:


        SELFOON NOMMER: