Bradley & Nicole se troue tussen die berge
deurVandag is ons so opgewonde om hier met Mooi Troues se lesers…
Die Houw Hoek Hotel is geleë in die hartjie van die Kogelberg Natuurreservaat, met ‘n panoramiese uitsig van die omringende berge. Die natuurskoon maak dit ‘n fotograaf se paradys, en alle pogings sal aangewend word om jou droomdag te skep binne jou begroting. Die vriendelike en doeltreffende personeel sal verseker dat jou troue ‘n wonderlike en onvergeetlike ervaring is.
Die hotel is die oudste gelisensieerde hotel in Suid-Afrika en die oorspronklike geboue het ‘n wonderlike ou-wêreld sjarme. Elke individuele venue behou sy oorspronklike karakter, maar terselfdertyd bied ook al die moderne fasiliteite wat nodig is om jou troue ‘n spesiale dag te maak. Tuin troues kan op die eindelose grasperke gehou word, terwyl daar dans-lokale beskikbaar is vir vieringe met musiek en dans, perfekte vir beide dag en nag.
Die sjefs kan enige spyskaart skep, of daar kan gekies word tussen een van die vele spyskaarte of die heerlike buffet. Slegs 80km vanaf Kaapstad en 75km vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe, die Houw Hoek Hotel is gerieflik geleë vir al u gaste, met slaapplek vir tot 247 mense.
Kontak gerus die gebeurtenis koördineerder met enige vrae of as daar enige persoonlike vereistes is. Die hotel bied ook ‘n lys van betroubare verskaffers wat jou kan help om jou perfekte troue te skep.
Vandag is ons so opgewonde om hier met Mooi Troues se lesers…
Geen resensies op die oomblik nie.