Trou by Rickety Bridge Estate in Franschhoek
deurIs julle verloof en opsoek na ʼn trou venue in die Kaapse…
Geleë in die bekende dorpie Franschhoek, die hoof kos-en-wyn bestemming van Suid-Afrika, skuil die Rickety Bridge-wynlandgoed teen die heuwel wat uitkyk oor wingerde en die majestueuse Wemmershoekberge.
Die geskiedenis van dié wynlandgoed dateer terug na 1694 toe Rickety Bridge oorspronklik deel was van La Provence, een van die eerste sewe Franse Hugenote-plase in Franschhoek. Deur die jare is hierdie eiendom onderverdeel, en op 13 Mei 1797 is die huidige deel grond aan die weduwee, Paulina De Villiers, toegeken.
Vandag is die eiendom die tuiste van ‘n moderne wynmakery, ‘n bistro-styl restaurant, luukse verblyf en ‘n plattelandse trou- en funksie-venue.
Basse Provence is n pragtige vier-ster geklassifiseerde Gastehuis in die hartjie van Franschhoek, Wes-Kaap. Basse Provence is die suster aanbieding van die Rickety Bridge 5-ster Herehuis, en is albei geleë op die Rickety Bridge Estate. Basse Provence se Herehuis en die aangrensende Kontrei-huis se riet dakke wat datteer uit 1855, het ‘n volledige vernuwing ondergaan, waar tradisionele erfenis met moderne luuksheid kruis.
Gaste wat by Basse Provence bly, kan Paulina’s Restaurant en die Wynproe sentrum maklik bereik, deur ‘n kort vyf minute stap deur wingerde en oor die landgoed se beroemde brug.
Die gastehuis bied ‘n Herehuis luukse kamer, sowel as ‘n twee slaapkamer eenheid in die “loft” area van die riet dak.
In die aangrensende Kontrei-huis is vyf en-suite luukse kamers beskikbaar so wel as ‘n losstaande tweeslaapkamer kothuis. Altesaam 20 gaste kan by Basse Provence geakkommodeer word.
Alle kamers is toegerus met lugversorging, satelliet-televisie, tee- en koffiemaak geriewe en gratis WiFi. Ontbyt kan op sonnige oggende in die historiese eetkamer of die ontbyt-binnehof geniet word. Langs die Kontrei Huis is daar ook n swembad area wat gaste kan geniet.
Bly by Basse Provence en geniet die asemrowende uitsigte oor die wingerdgroen vallei en tydlose berge.
Is julle verloof en opsoek na ʼn trou venue in die Kaapse…
Geen resensies op die oomblik nie.