LA ROCHE ESTATE

TROU VENUE & VERBLYF / FRANSCHHOEK

Sê “Ja” by La Roche Estate se trou venue in die Franschhoek Vallei.  La Roche Estate bied julle die geleentheid om ʼn unieke troue te hê met jul eie styl en visie.

La Roche Estate  funksioneer as beide ʼn werkende plaas en ʼn eksklusiewe bestemming vir troues, funksies, luukse verblyf en premium piekniek ervarings in die Franschhoek Vallei.  Met panoramiese uitsigte oor hul versorgde tuine en wingerde, omring deur majestueuse berge, spog La Roche Estate met die beste wat die gasvryheid bedryf kan bied.

The Sanctuary:

Gebou op ʼn eiland in die middel van ʼn dam, bied The Sanctuary ʼn heeltemal unieke ervaring vir paartjies.  Hierdie monumentale gebou met sy hoë boog glas ingange laat jul en julle gaste toe om beskut te word, terwyl die natuurlike lig nogsteeds in skyn.  Omring met water en asemrowende uitsigte, wat op rustige dae skouspelagtige weerkaatsings skep.

Kapasiteit:

  1. Seremonie: maksimum 120 mense wat sit
  2. Skemerkelkie styl: maksimum 100 mense wat staan
  3. Formele styl: maksimum 60 sitplekke
  4. Grootte: 110 m2

The Festival Hall:

La Roche Estate se skouspelagtige venue, The Festival Hall is ʼn groot ruimte met Italiaanse styl afwerkings en die Romeinse argitektoniese ontwerp weerspieël van The Sanctuary.

ʼn Indrukwekkende, antieke houtdeur op die suidelike vleuel lei na die weelderige atmosfeer van hul Bacchus Lounge. Die Bacchus Lounge and Bar is ʼn gerieflike plek om te ontspan en ʼn paar drankies te geniet terwyl jy die uitsigte kan waardeer.

Die trou venue spog met ʼn verhitte terracotta-vloer, hoë plafonne, houtbalke en Italiaanse dakteëls, wat alles kombineer om ʼn warm, feestelike atmosfeer te skep, wat jy en jul trou beplanner maklik kan aanpas by die styl van jul pasgemaakte troue.

Kapasiteit:

  1. Lokaal: 180 mense sit
  2. Grootte: 506 m2

Bacchus Lounge & Bar:

  1. Grootte: 81 m2

    KONTAK DIE DIENSVERSKAFFER

      JOU NAAM:

      E-POS ADRES:

      SELFOONNOMMER:

      TROUDATUM:

      BOODSKAP:



      GEPUBLISEER OP MOOI TROUES

      MEER INLIGTING

      sit       FACEBOOK instagram       

      KLIËNTE RESENSIES

      Geen resensies op die oomblik nie.

        SKRYF JOU RESENSIE ONDER

        Hy jy gebruik gemaak van die diensverskaffer vir jou troue?  Los asseblief 'n resensie oor jou ervaring.


        WANNEER HET JULLE GETROU?



        SKRYF JOU RESENSIE OOR DIE BESIGHEID ONDER:



        JOU NAAM:


        E-POS:


        SELFOON NOMMER: