AA BADENHORST FAMILY WINES

TROU VENUE & VERBLYF / MALMESBURY, WES-KAAP

Kalmoesfontein Plaas, die tuiste van AA Badenhorst Familie Wyne, is geleë teen die heuwels van die Paardeberg in die Swartland, minder as ʼn uur se ry vanaf Kaapstad. Hierdie trouvenue bied verskeie opelugruimtes op die fotogeniese plaas met pragtige uitsigte oor die uitgestrekte Swartland.

Die kreatiewe span van organiseerders en “mooi-makers” geniet dit om unieke maniere te vind om elke troue ʼn spesiale en onvergeetlike geleentheid te maak. Met stylvolle, moderne akkommodasie in oorspronklike geboue wat plek bied vir tot 18 gaste, en glamping-kampeerplekke, kan hierdie plaas maklik omskep word in jou droomnaweek en ʼn fees van liefde.

Die Ou Huis Stoep onthaalarea kan op verskeie maniere ingerig word om gesellige troues van enige grootte te akkommodeer. Dit sluit ʼn dansvloer onder die druiweprieel en ʼn kroeg vol unieke oudhede en prettige dekor in.

Ons kombuisspan is bekend vir hul heerlike plaaskos met moderne en wêreldse invloede. In samewerking met die paartjie se voorkeure, sal ʼn maaltyd geskep word waaroor almal nog lank sal gesels. Groot vure waarop vleis en groente op verskeie interessante maniere gaargemaak word, is een van Kalmoesfontein se spesialiteite.

Van ʼn seremonie in die unieke kelder tot drankies op die terrasse en partytjies onder die sterre – hier word lewenslange herinneringe gemaak.

    KONTAK DIE DIENSVERSKAFFER

      JOU NAAM:

      E-POS ADRES:

      SELFOONNOMMER:

      TROUDATUM:

      BOODSKAP:



      GEPUBLISEER OP MOOI TROUES

      MEER INLIGTING

      sit      FACEBOOK  instagram   

      KLIËNTE RESENSIES

      Geen resensies op die oomblik nie.

        SKRYF JOU RESENSIE ONDER

        Hy jy gebruik gemaak van die diensverskaffer vir jou troue?  Los asseblief 'n resensie oor jou ervaring.


        WANNEER HET JULLE GETROU?



        SKRYF JOU RESENSIE OOR DIE BESIGHEID ONDER:



        JOU NAAM:


        E-POS:


        SELFOON NOMMER: