Kyle & Mishkah se Wit & Goud Sprokie Troue in Stellenbosch
deurKyle en Mishkah se wit en goud sprokie troue in Stellenbosch was…
Eikenhof Estate, met verskeie venues en ook akkommodasie, is tussen die wingerd bedekte heuwels van Stellenbosch plase geleë. Dit is slegs 30km van Kaapstad Internasionale Lughawe en is gerieflik bereikbaar vanaf Stellenbosch en ook die Noordelike voorstede van Kaapstad.
Met ʼn 3km skilderagtige kronkelpad langs Fischersweg, vanaf Bottelaryweg, sal besoekers na ʼn rustige, privaat, en ware versteekte juweel geneem word.
Omring deur wingerde, golwende heuwels en twee damme, bied hierdie boetiek trou venue ʼn wonderwêreld-omgewing en ʼn fees vir die sintuie. Elke aspek van Eikenhof Estate is deurdagte ontwerp om gaste in die natuurlike skoonheid van hul omgewing te verdiep en om ʼn besonderse samesmelting van elegansie en kontemporêre ontwerp met ʼn ruim sweempie rustieke sjarme te skep.
In die hartjie van die landgoed lê die romantiese en betowerende Cap Classique Venue. Die naam is gepas en vang die tydlose elegansie en gesofistikeerdheid perfek vas. Daar kan 120 gaste binne die venue/lokaal geakkommodeer word en Cap Classique spog ook met asemrowende kenmerke soos manjifieke kandelare, gesonke ‘bulkheads’, spesiale beligting, en ʼn groot binnenshuise kaggel wat ʼn warm en feestelike atmosfeer skep.
Die tuiste van die mees onvergeetlike ‘I do’-oomblikke is die indrukwekkend Hout Pergola.
Hierdie canopy vir huwelik-seremonies is ʼn struktuur van houtbalke waarteen wingerdstokke oprank. Dit word bedek of omhul deur die sagte, wit en vloeiende drapering wat in pragtige kontras is met die agtergrond van golwende heuwels, bedek met wingerd. Die hele struktuur word met strategies geplaaste strookligte verlig en ‘n sprokies gevoel word in die aand geskep.
Eikenhof Estate bied twee uitsonderlike akkommodasie opsies aan wat elkeen ʼn luukse en gemaklike verblyf bied. In totaal is daar nege pragtig ingerigte kamers beskikbaar. Die Château is ʼn luukse vier slaapkamer gaste villa en die Manor House bied vyf luukse en-suite slaapkamers.
Kyle en Mishkah se wit en goud sprokie troue in Stellenbosch was…
Geen resensies op die oomblik nie.