TROU MUSIEK / SA

Zest Music is ‘n boutiek musiek-agentskap wat sedert 2015 bedryf word deur Louisa Theart, ‘n klassieke fluitspeler met meer as 10 jaar ondervinding in die klassieke musiekbedryf. Ons musikante is almal formeel opgelei en verskyn gereeld met die land se voorste klassieke musici in produksies en konserte by die Kunstekaap en kunstefeeste regoor die land. Daar is ‘n groot verskeidenheid ensembles beskikbaar (strykers, fluit, harp, klavier, trekklavier en meer) in beide tradisionele en onkonvensionele kombinasies. Vir ‘n elegante en energieke atmosfeer, kan ons musikante ‘n wye verskeidenheid genres uitvoer om enige seremonie of foto – uur in ‘n glansgeleentheid te omskep. Besoek ons webtuiste om na klankgrepe te luister.




KLIËNTE RESENSIES
Geen resensies op die oomblik nie.