JUST FRAME ME PHOTOGRAPHY
TROU FOTOGRAAF / KAAPSTADIs troufotografie die belangrikste element wanneer dit by jou troue kom? Nee glad nie! Maar wanneer dit by die beplanning van jou GROOT dag kom, moet dit beslis bó op die prioriteitslys wees van dinge om voor te begroot, en só gou moontlik te bespreek. Terwyl blomme verlep en die koek geëet word, sal die troufoto’s jul verewig hou!
Just Frame Me Photography (Edms.) Bpk. is ʼn Kaapstad-gebaseerde internasionale dokumentêre trou- en lewenstyl fotografie maatskappy, wat spesialiseer in kraam, tuis geboortes, en ‘fresh 48 session’, sowel as gesins-, paartjies- en verlowing fotosessies, verassing verlowings, troues en mode-redaksies.
Karien, die maatskappy se stigter, besturende direkteur en hooffotograaf, kom uit ʼn lang reeks ‘kreatiewes’ – haar ouma was ʼn trourok ontwerper en haar ma ʼn wêreldbekende kunstenaar. Terwyl sy haar loopbaan in die regte begin het, met ʼn BSc-graad in Strafreg en ʼn BA-graad cum laude in Gemeenskapsveiligheid en Sosio-Regsstudies, met ʼn spesialisering in Oortreder-profilering, lê Karien se passie in Fotografie. Met ʼn Diploma in Fotografie het Just Frame Me Photography (Pty) Ltd. in 2015 gestig, en leef sedertdien haar droom uit.
Just Frame Me Photography het talle plaaslike en internasionale toekennings gewen, is in verskeie nasionale en internasionale tydskrifte gepubliseer, en was al in verskeie galerye regoor die wêreld uitgestal, van Kaapstad (Suid-Afrika) tot New York (VSA), Amsterdam ( Nederland), Athene (Griekeland), Barcelona (Spanje), Belgrado (Serwië), Berlyn (Duitsland), Lissabon (Portugal), Melbourne (Australië), Milaan (Italië), Straatsburg (Frankryk), Singapoer en Wene (Oostenryk), om ʼn paar te noem.
Almal het ʼn STORIE om te vertel, en Just Frame Me Photography sal alles in hulle vermoë doen om daardie storie so eerlik as moontlik te vertel.
KONTAK DIE DIENSVERSKAFFER
GEPUBLISEER OP MOOI TROUES
MEER INLIGTING
KLIËNTE RESENSIES
Geen resensies op die oomblik nie.