Janco & Minet se Pragtige Troue in Mpumalanga
deurJanco en Minet se pragtige troue in Mpumalanga is ʼn moet sien….
Geleë in die pragtige omgewing van Lydenburg, tussen asemrowend berge, is daar ʼn plek van verwondering, liefde en betowering. Met ʼn harmonieuse atmosfeer kan @Boshoek jou gewone troue, in iets buitengewoons omskep – jou drome in ʼn werklikheid verander. @Boshoek het akkommodasie vir 42 mense, ʼn gesellige boma area vir ʼn Vrydagaand kuier, ʼn romantiese bruid- en wittebrood-suite, asook ʼn buitelug ramkamp. Kies tussen ʼn buitelug seremonie onder majestueuse bome of in die kapel met ʼn skilderagtige uitsig. Bederf jou gaste met ʼn heerlike 5 gang maaltyd in die onthaal saal wat tussen 80-200 gaste kan akkommodeer. @Boshoek is 50 km vanaf Dullstroom en 90 km vanaf Nelspruit. Net 300 km vanaf Pretoria en 350 km vanaf Johannesburg maak @Boshoek is jou ideale, idilliese naweek -wegbreek- bestemming vir troues. By ons is enige iets MOONTLIK. Kies vandag @Boshoek as jou trou-venue.
Janco en Minet se pragtige troue in Mpumalanga is ʼn moet sien….
Geen resensies op die oomblik nie.