Jean-Henri & Marli se Romantiese Troue in Limpopo
deurJean-Henri en Marli se romantiese troue in Limpopo was ʼn pragtige dag,…
Monte Christo trou venue is enig in sy soort, met ʼn prentjie mooi agtergrond van die forel damme, dennebome en die Wolkberg-bergreeks sal jy nie beter kry nie. Met uitbundige tuine vol kersiebloeisel en asaleas bied Monte Christo ʼn omgewing wat spesialiseer in troues!
Die stylvolle trou venue was eers die plaas eienaars se huis wat hulle in 1994 gebou het, in 2011 was die familie se pragtige huis verwoes deur ʼn vuur wat in die oggend ure onstaan het. Dié huis was in 2016 herbou en is omskep in ʼn wonderlike trou en funksie lokaal. Die eienaars se dogter was die eerstes wat by die trou venue getrou het in 2019.
Dié trou venue in Limpopo kan ʼn minimum van 30, tot ʼn maksimum van 120 gaste akkommodeer. Monte Christo bied bekostigbare trou pakkette aan en daar is ook ʼn opsie om van hulle binne huis trou-koördineerder gebruik te maak. Hulle bekwame personeel is bereid om die ekstra myl te gaan sodat jy jou dag kan geniet saam met geliefdes, familie en vriende.
Monte Christo trou venue is geleë tussen Tzaneen en Polokwane, dit is ongeveer 14km vanaf Haenertsburg op ʼn grondpad uit. Daar is ook selfsorg kothuise op die plaas met die naam van Mountain Fly Fishing. Elke kothuis is ten volle toegerus en het ook braai tariewe.
Jean-Henri en Marli se romantiese troue in Limpopo was ʼn pragtige dag,…
Geen resensies op die oomblik nie.