MAROELANI SAFARI LODGE
TROU VENUE & VERBLYF / HOEDSPRUIT, LIMPOPOMaroelani Lodge is ʼn vier ster luukse safari lodge geleë in die Limpopo Provinsie. Dit is ʼn privaat reservaat in die groter Kruger-omgewing en maak die perfekte trou bestemming vir paartjies wat ‘ʼn liefde het vir die bosveld, maar terselfdertyd elegansie en gesofistikeerdheid soek.
Maroelani se vyf en-suite kamers het ʼn luukse en egte bosveld gevoel, met vloer tot plafon glasvensters, buite storte en hout uitloop stoepe, bied die kamers eindelose uitsigte oor die pragtige bosveld en klein Drakensberge. Die lodge het ook ʼn herehuis. Daar kan tot 20 gaste op die reservaat akkommodeer word. Verskeie verblyf opsies word voorgestel aan ander trou gaste om van te kies, binne ʼn 10 km radius. Die lodge en venue se hoof fokus is op volhoubaarheid en het sodoende groen benaderinge tot alle bedryf departemente geïmplementeer.
Een van die voordele van ʼn safari-troue by Maroelani is die rustigheid en geluk wat troupaartjies tydens hul perfekte dag sal ervaar. Die bos geluide en besienswaardigheid van die bosveld sal verseker alle trou stres laat verdwyn. Maroelani se allesomvattende pakkette fokus op intieme troues met slegs naaste vriende en familie, en dan ook groter troues van tot 120 gaste. Die venue sluit ʼn verskeidenheid tafels, stoele, eetgerei en breekware in om van te kies en alle troubeplanning kan deur ons kundige span gedoen word. Akkommodasie, tafel versiering en buffet etes word ingesluit in die pakkette. Dit laat paartjies toe om te fokus op die aspekte wat die meeste saak maak – mekaar!
Met Maroelani se trou venue kry jy die beste van albei wêrelde – die intieme gevoel van die lodge en unieke bosveld venue, maar ook genoeg spasie vir die hele trou partytjie. Die opwindende gedeelte van ʼn Maroelani bosveld troue … is dat paartjies nooit sal weet waarmee die natuur hulle sal verras nie, dit kan ʼn kameelperd wees wat in hul foto’s sak of ʼn boom vol voëls, selfs visarende wat oor vlieg en hul gelukwense “sing”.
Wat dit ook al mag wees – voortdurend veranderinge in die natuur sal verseker dat die paartjie se dag uniek en spesiaal is. Of hul tussen die pragtige inheemse bome staan of die onbeskryflike Afrika-sonsondergang in die agtergrond het, die foto’s en herinneringe sal verewig gekoester word.
KONTAK DIE DIENSVERSKAFFER
GEPUBLISEER OP MOOI TROUES
MEER INLIGTING
KLIËNTE RESENSIES
Geen resensies op die oomblik nie.