Erik & Chrisna se Woud Tema Troue
deurMet opgewondenheid deel ons Erik en Chrisna se woud tema troue in…
Cheerio Gardens het ʼn stylvolle, plattelandse trou- en funksie-venue, asook selfsorg-akkommodasie in Magoebaskloof. Dit is net 3,5 km vanaf die R71 tussen Tzaneen en Polokwane en net 8 km van die dorpie, Haenertsburg, af. Die jaarlikse Magoebaskloof Lentefees en die kersiebloeisel- en asalea-skoue word by Cheerio Gardens gehou. Dit is ook ʼn uitstekende oorslaap plek op pad Krugerwildtuin toe.
Verblyf word gebied in selfsorg kothuise wat onderskeidelik slaapplek het vir 4 tot 6 gaste. Alle beddegoed word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie handdoeke saambring. Elke kothuis se kombuis is met eetgerei, breekware en kookgerei toegerus. Elke kothuis het braai geriewe buite en ʼn kaggel binne. Die kothuise word daagliks tussen 09:00 en 10:00 skoongemaak.
Buiten die ongereelde geluid van ʼn ketting saag op die plaas langsaan, die plaaswerkers wat vir mekaar fluit in die vallei en die rustige Samango-ape wat van boom na boom spring, is daar nie ʼn rustiger plek as dié nie. Let asb. dat selfoon sein baie beperk is op die plaas.
Met opgewondenheid deel ons Erik en Chrisna se woud tema troue in…
Geen resensies op die oomblik nie.