TROU MUSIEK / PRETORIA
Gracenote Music is ʼn fluit, viool en tjello trio wat gebaseer is in Pretoria, Gauteng. Die groep bestaan uit fluitspeler Laetitia de Lange, violis Siobhan Lloyd-Jones, en tjellis Ronald Davey. Hulle is al drie professionele musikante wat gereeld in die konsertsale te siene is rondom die Gauteng area. Die spelers van die trio vorm almal deel van verskeie kamermusiek projekte, speel vir die Gautengse Filharmoniese Orkes, en vryskut ook vir prominente orkeste rondom die provinsie. Hulle is passievol oor musiek, en streef daarna om elke troupaartjie se spesiale dag onvergeetlik te maak deur die musiek spesiaal vir die troupaar te help uitkies. Gracenote doen hulle eie verwerkings spesifiek vir die trio en instrumentale kombinasie, en kan enige spesiale versoeke vir die troue verwerk. Die trio speel ʼn wye verskeidenheid musiek, vanaf klassiek, na jazz en kontemporêre en populêre musiek.
Stuur gerus ʼn epos om die omvattende repertoire lys aan te vra. Die groep speel al sedert 2007 vir funksies en bestaan uit ʼn netwerk bekwame musikante wat kan intree as die hoof trio alreeds bespreek is. Volg Gracenote Music op sosiale media om hulle in aksie by troues te sien, en besoek die groep se YouTube kanaal om ʼn voorsmakie te kry hoe hulle klink. Epos ons gerus as jy ons wil deel maak van jou onvergeetlike dag.
[section=]
KLIËNTE RESENSIES
Geen resensies op die oomblik nie.