NICOLENE MEYER PHOTOGRAPHY

TROU FOTOGRAAF / PRETORIA

ERVARING.  EENVOUD.  ELEGANSIE

Troufoto’s word dikwels as die belangrikste aspek van `n paartjie se troudag geag. Alhoewel foto’s belangrik is, voel Nicolene dat die ervaring net so belangrik, indien nie belangriker, is. Elke paartjie en troue is uniek. Sy streef daarna om die spesiale emosie en energie tussen elke paartjie in `n gemaklike atmosfeer vas te vang. Eenvoud is die hoeksteen van haar kreatiwiteit en haar portefeulje spreek van tydlose elegansie met `n tikkie ‘fine-art’- en ‘high-fashion’ flair. Professionaliteit en integriteit is vir haar belangrik en kliënte altyd haar prioriteit. Sy bied ook aan die kliënte die opsie om uit twee style te kies – ‘n ligte, klassieke styl (White August) en ook `n donkerder, dramatiese styl (Dark August).

[section=kontak]

    JOU NAAM:

    E-POS ADRES:

    SELFOONNOMMER:

    TROUDATUM:

    BOODSKAP:



    [endsection]

    sit FACEBOOK instagram

    KLIËNTE RESENSIES

    Ons kon nie vir ń beter fotograaf vra nie. Nicolene Meyer is fenomenaal.

    Nie ek of my man is vreeslik gemaklik voor ń kamera nie, maar Nicolene het net die manier om ń mens gerus te stel en op jou gemak te laat voel.
    Dit was so lekker om haar te leer ken tydens ons verlowingsfotosessie, teen die troue het ons presies geweet wat om te verwag en alles kon glad verloop.

    Nicolene is absoluut bekwaam en kon die beste advies gee met betrekking tot die tydlyn van ons troudag om te verseker dat ons die beste foto’s kon kry en ń pragtige dag kon hê. Nicolene se styl as absoluut stylvol en elegant, sy vang oomblikke en emosies op so ń natuurlike manier vas. Ons het soveel komplimente oor ons foto’s gekry waar mense gesê het dat dit lyk of die foto’s uit ń tydskrif kom.

    Die fotograaf wat jy vir jou troue kies is een van die belangrikste besluite wat jy kan neem met betrekking tot diensverskaffers, want dit bepaal hoe jou kosbare herinneringe vasgevang sal word. Ek is so bly dat ons vir Nicolene gekies het, want sy het verseker dat ons spesiale dag so mooi vasgevang is. As ek weer kon kies sou ek steeds vir Nicolene kies.

    Ek sal haar vir enigiemand aanbeveel!

    ★★★★★

    Chanté Lippens

    25 Augustus 2018


      SKRYF JOU RESENSIE ONDER

      Hy jy gebruik gemaak van die diensverskaffer vir jou troue?  Los asseblief 'n resensie oor jou ervaring.


      WANNEER HET JULLE GETROU?



      SKRYF JOU RESENSIE OOR DIE BESIGHEID ONDER:



      JOU NAAM:


      E-POS:


      SELFOON NOMMER: