Die kompetisie het 20 Augustus 2023 gesluit.
WEN 'N DIAMANT TROUPANT TER WAARDE VAN R 10,000 BY VILJOEN JUWELIERS
KOMPETISIE GESLUITDIE PRYS
Een gelukkige leser kan ’n eksklusiewe Diamant Troupant ter waarde van R 10,000 wen by Viljoen Juweliers.
Die wenner kan kies tussen geelgoud, witgoud of roosgoud om by hul verloofring te pas. Die troupant spog met 6 skitterende diamante in ’n pragtige pant met ’n fyn sirkel afwerking. Skryf in deur die stappe hieronder te volg. Bepalings en Voorwaardes Geld.
BEPALINGS EN VOORAAREDES
- Die Prys: Dié wenner sal ’n troupant wen met ‘n waarde van tussen R 8,900 tot-en-met R 10,000; afhangende van watter kleur metaal die wenner kies vir die ring. Die wenner kan kies tussen geelgoud, witgoud of roosgoud. Die ring het 6 diamante in ’n pant met ’n fyn sirkel afwerking. Die ring is ’n N-grootte. Indien die ring enige ander grootte of groter as ’n N-grootte is, sal daar ekstra kostes wees vir die wenner se eie rekening. Enige ander aanpassings wat nie genoem word in die beskrywing van die prys soos in die paragraaf nie, sal ‘n ekstra koste wees en vir die wenner se eie rekening.
- Mooi Troues bemark alle kompetisie namens die adverteerder en kan nie verantwoordelik gehou word vir enige eise, navrae en/of die eis van die prys nie.
- Mooi Troue se Standaard Kompetisie Bepalings en Voorwaardes geld. Klik hier om dit te lees en maak seker jy verstaan dit.
- Viljoen juweliers (die adverteerder) mag hulle eie Bepalings en Voorwaardes hê, wat direk vanaf die adverteerder versoek kan word.
- Die kompetisie is slegs vir paartjies wat in Suid-Afrika woon.
- Hierdie kompetisie sluit op 20 Augustus 2023 om 23:59.
- Wenners sal aangekondig word teen 25 Augustus 2023.
- Wenners sal op sosiale media bekendgestel word en sal direk ge-kontak word deur Viljoen Juweliers per e-pos of telefonies.
- Wenners moet die prys eis voor of op die laatste 25 Augustus 2024.
- Produkte en dienste kan nie verruil word vir enige ander produkte of dienste nie.
- Geen produkte en dienste kan nie verruil word vir kontant nie.
- Indien die wenners nie die produkte of dienste wil hê nie, het Mooi Troues of Viljoen Juweliers die reg ‘n nuwe wenner te kies.
- Foto’s op die kompetisie blad is slegs voorbeelde en mag anders wees as die prys wat gewen word.
- Deur in te skryf vir enige kompetisie stem jy saam dat jy deur ons Privaatheidsbeleid en ons webtuiste se Bepalings en Voorwaardes gelees het en dit ten volle verstaan.
- Foto’s in die artikel is slegs vir voorbeeld doeleindes. Die prys wat jy mag wen sal nie noodwendig presies dieselfde lyk nie.
- Enige poging om enige van die bepalings en voorwaardes te skend, sal lei tot onmiddellike diskwalifikasie. Dit sal lei tot die herroeping van die prys deur die bemarkers.
- Indien, vir enige rede, die kompetisie nie in staat is om voort te gaan soos beplan nie, insluitend as gevolg van ‘n pandemie, siektes, rampe, natuurlike rampe, onnatuurlike rampe, borge wat verander, borge wat nie meer in besigheid is nie, borge wat onttrek, pryse wat verander, pryse wat nie meer beskikbaar is nie, infeksie deur ‘n rekenaar virus, foute, peuter, ongemagtigde ingryping, bedrog, tegniese onderbrekings of enige ander oorsake buite die beheer van die bemarkers, wat die administrasie, sekuriteit, regverdigheid, integriteit of behoorlike uitvoering van die kompetisie bederf of raak, sal die bemarkers geregtig wees op hul uitsluitlike diskresie om die kompetisie te kanselleer en dit te hervat van die begin af op dieselfde of soortgelyke voorwaardes as hierdie.
MEER OOR VILJOEN JUWELIERS
Met meer as 70 jaar se ondervinding, is Viljoen Juweliers vandag ʼn meester wanneer dit by die ontwerp en maak van juweliersware kom. Die kwaliteit van hulle juweliersware en unieke ontwerpe spreek vanself. Die respek en liefde wat hulle vasvang in edel metale, diamante en half edel gesteentes, weerspieël die liefde vir elke storie en herinnering wat met die juweelstuk geskep word.
Viljoen Juweliers is ʼn trotse vierde generasie juwelier. Hulle kliënte basis strek regoor Suid Afrika en die wêreld, maar die hart van die besigheid, word in die pragtige Wynland distrik, Worcester gevind. Dit is daar waar alles begin.
Die vertoonkaste het ʼn wye verskeidenheid verloofring opsies om van te kies en aan te pas. Professionele ontwerpers is opgelei met kennis van al die produkte en help graag om ʼn spesifieke styl en behoefte op te los.
Viljoen Juweliers is veral bekend vir hulle unieke juwele wat op die perseel gemaak word. Hulle vyf bekwame goudsmede is meester vervaardigers. Kliënte is welkom om ʼn afspraak te maak vir ʼn konsultasie met een van die ervare ontwerpers vir ʼn unieke juweelstuk. Die hele proses van ontwerp, skets, vervaardig en stene set, word in hulle werkswinkel gedoen. Kliënte is welkom om ʼn draai te maak om die proses van vervaardiging eerstehands te ervaar, wanneer hulle die winkel besoek. Aanlyn of telefoniese konsultasies word ook baie suksesvol gedoen, indien kliënte nie die winkel kan besoek nie.
Dit is geen geheim – Viljoen Juweliers het ʼn absolute passie vir hulle kliënte en juwele! Dit weerspieël in elke juweelstuk wat deur hulle gemaak word.