Indien jy ʼn eienaar of bemarkingsbestuurder van ‘n besigheid in die trou-industrie is en meer wil weet oor ons advertensie opsies, voltooi die onderste advertensie versoek vorm. Ons teikenmark is dames tussen die ouderdom van 24 en 35 wat besig is om hulle troue te beplan. Mooi Troues se lesers het ‘n liefde vir mooi trou inspirasie en advies. Hulle is lojaal teenoor die diensverskaffers wat ons aanbeveel op Mooi Troues en ondersteun hulle graag.
Hiér is ‘n paar redes om op Mooi Troues te adverteer:
- Onafhanklike bekroonde aanlyn trou publikasie en trougids, vanaf 2013.
- ‘n Eenstopwinkel vir die Afrikaanse paartjies wat hul troue beplan.
- Slimfoon-vriendelike asook Rekenaar vriendelike webtuiste.
- Groot Sosiale Media Gemeenskap.
- Groot verskeidenheid advertensie opsies beskikbaar vir verskillende begrotings.
- Verskeidenheid betaal opsies.
- Professionele en vinnige dienslewering.
- Vertrou deur duisende bruide-om-te-wees as ‘n bron van inspirasie in die trou bedryf.
- Fokus op die Suid-Afrikaanse trou mark.
- Ons hou jaarliks ‘n Troue van die Jaar kompetisie, vanaf 2019.
VOLTOOI DIE ONDERSTE VERSOEK VORM:
* Indien jy nie ons e-pos ontvang het nie, loer gerus in jou e-pos se gemorspos lêer.
* If you did not receive an e-mail from us, please check your junk mail box.