Muntingh & Marise se elegante plaastroue

Die paartjie, Muntingh en Marize, se liefde vir perde het hul by hul trou venue gebring waar hul elegante Vrystaat plaastroue gevier was.  Daar is ongelooflike foto’s met die paartjie met die ‘n perd wat so kosbaar is.  Hulle het die elemente van elegansie en plaas atmosfeer perfek kombineer

Die plaastroue was elegant versier met blomme en dekor.  Die  tafel dekor met Roosgoud elemente het die plaastroue baie elegant laat lyk.  Flaminkplant en Orgideë blomme het volop van die plaas venue se dak gehang.

Mooi Troues lesers wat besig is om ‘n troue te beplan, moet tog inspirasie vind by die elegante Vrystaat plaastroue.

Julle troudatum en Ouderdom van paartjie op troudag?


Ons troudatum was die 19de Januarie 2019.  Muntingh was toe 28 jaar oud en Marise 24 jaar oud.

Hoe het julle mekaar ontmoet en wie het wie gevra om te trou?


Ons het mekaar in 2016 by ʼn koshuis-funksie in Potchefstroom ontmoet.  ʼn Vriendin het ons aan mekaar voorgestel.  Marise het in Potch studeer en Muntingh het saam een van sy vriende die funksie, al die pad van Pretoria af, kom bywoon nadat hy hom oortuig het dat hy sy trouvrou daar gaan ontmoet.  2 Jaar later het Muntingh vir Marise gevra om te trou in ʼn plantasie vol liggies op hulle plaas naby Lictenburg.  Dis ook in dieselfde plantasie waar Muntingh vir Marise gevra het om sy meisie te wees.

Vertel ons meer oor hoekom die bruid haar spesifieke trourok gekies het?


Ek het nie regtig van kleins af ʼn prentjie van my “droom rok” gehad of na verskeie rok aanpassings gevoel dit is nou dié een nie.  Maar toe kom ek op ʼn webwerf af wat tipies my styl rokke gehad het.  Ek het my trourok tussen al die prentjies uitgekies en toe laat maak.  Dit het selfs mooier as die prentjie uitgekom.  Ek het gegaan vir ʼn baie elegante rok en Muntingh wou dit spierwit gehad het.

Vertel ons meer van jul ringe.


Die idee van ʼn ring het voorheen nog nie baie by Muntingh opgekom nie.  Hy het vir ʼn baie eenvoudige ring gegaan.  Die eenvoudige ringe was alles behalwe volop in die juwelierswinkels.  Hy het op die ou einde ʼn Roosgoud ring geneem wat baie mooi by sy vel en ook by Marise se ring gepas het.  Marise se ring is baie uniek met die “M” vir Muntingh en die “M” vir Marise wat ʼn hartjie aan weerskante vorm.  Alles Muntingh se idee.

 

Vertel ons meer oor die fotograaf


Ons het baie moeite gedoen om die regte fotograwe vir ons troue te kry.  Van die begin af het Lora Photography uitgestaan met hulle helder foto’s en die besonderse oomblikke wat hulle vasvang.  Tot dusver het hulle al ons verwagtinge oortref en ons is opgewonde om die res van die foto’s te sien.

Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag en wat sou julle verander indien moontlik?


Toe die kerk se deure oopgaan en Marise op “Oh Lord You’re Beautiful” instap. Ons sou niks wou verander nie.  Dit was ʼn sprokie van ʼn troue.

Elegante Vrystaat plaastroue Elegante Vrystaat plaastroue

Vertel ons meer van jul Wittebrood:


Ons wittebrood was ʼn week in “Paradise”.  Muntingh het al die gaste in sy toespraak ingelig en my ook probeer oortuig dat ons by Warmbad gaan kamp vir ons wittebrood.  Maar Mauritius se strand het Warmbad by verre oortref.  Ons het die tyd van ons lewe gehad.  Ongelooflik lekker geëet en die beste van elke dag gemaak.  Die oord waar ons gebly het was verskriklik indrukwekkend en ons is op ons hande gedra deur hulle gasvryheid.  Dit was die beste vakansie van ons lewe en ons sal die herinneringe vir altyd koester.

Elegante Vrystaat plaastroue

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


Marise se raad aan elke bruid daar buite: Neem alles in van die begin af.  Dit gaan so vinnig verby.  Maak dit ʼn spesiale “reis”.  Moenie dat dit enige konflik tussen jou en jou geliefdes veroorsaak nie.  Dit is nie die moeite werd nie.  Onthou, dit bly jou én jou man se troue.  Betrek hom by jou keuses en skryf aan hom ook verantwoordelikhede toe.  Laastens, as jy heeltemal klaar aangetrek en mooi gemaak is op die dag, neem ʼn oomblik en kyk vir jouself in die spieël, want jy gaan nooit weer so asemrowend lyk nie.

Muntingh se raad aan elke bruidegom daar buite: Beplanning is belangrik.  Probeer die dinge so uitwerk om nie nog die dag voor die tyd teveel te moet doen nie.  Dan geniet die troudag.  Maak tyd om die oomblikke in te neem, want dit gaan vinnig verby.  As iets nie volgens plan verloop nie, gaan met dit, want niemand anders gaan dit eers weet nie.  En bietjie laaste advies, reël vooraf met iemand vir drinkgoed vir jou en jou bruid tydens die onthaal.

Elegante Vrystaat plaastroue Elegante Vrystaat plaastroue Elegante Vrystaat plaastroue Elegante Vrystaat plaastroue Elegante Vrystaat plaastroue

Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?


Ons albei is mal oor perde en Lezar se mooi perdestalle het die keuse vir ons baie maklik gemaak.  Die venue is ook ideaal geleë, tussen Frankfort en Pretoria en naby aan die lughawe vir ons gaste wat van ver gekom het.  Ons idee was van die begin af om ʼn baie stylvolle, elegante en tydlose troue te hê.  Ons wou graag ons eie stempel as paartjie afdruk met ʼn elegant troue, maar steeds op ʼn plaas met perde.

Elegante Vrystaat plaastroue Elegante Vrystaat plaastroue

Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou? Hoeveel gaste het julle onthaal?


Ons het voor ons met al die reëlings begin het, ʼn gedetailleerde begroting en uiteensetting van wie wat gaan betaal uitgewerk.  Marise is ʼn ouditklerk so die hele troue was op ʼn “Excel sigblad” beplan.  Ons het so ver moontlik by die begroting probeer hou, maar daar is maar altyd onvoorsiene uitgawes.  Daar was nog redelik geld spandeer aan gehuurde items.  Ons het op die aand 170 gaste onthaal.

Elegante Vrystaat plaastroue Elegante Vrystaat plaastroue Elegante Vrystaat plaastroue Elegante Vrystaat plaastroue Elegante Vrystaat plaastroue Elegante Vrystaat plaastroue

Vertel ons meer oor jul eerste dans


Ons openings dans liedjie was “Pioneers” van King & Country.  Die liedjie het baie mooi by die atmosfeer van die troue ingepas en dit gaan juis oor ʼn paartjie wat saam begin.

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: