In die advies artikel deel ons advies oor trou etiket-reëls waar by elke gas moet bly. Waar begin ʼn mens? In dié artikel van Mooi Troues deel ons ʼn paar trou etiket-reëls om te volg as ʼn gas by ʼn troue. Ons as gaste by ons geliefdes se troue moet onthou dit is die bruidspaar se groot dag en ons is daar om die unie en liefde met hulle te vier. Trou etiket-reëls is nie daar om probleme te veroorsaak nie, inteendeel daar geplaas om te verseker dat die bruidspaar se groot dag só perfek moontlik verloop.
Jy as ʼn gas by ʼn troue is daar ʼn tipe van respek en klas om by te hou. Hieronder volg ʼn paar trou etiket-reëls om te volg as ʼn gas. Rol nou af en geniet die artikel.
Woon die troue by om te ondersteun:
Jy as gas van die bruid en bruidegom is daar op uitnodiging ter ondersteuning van hul unie. Hou in gedagte dat al die feestelikhede en vreugde is daar vir jou as gas om te geniet, eerder as om te kritiseer. Alles by die troue word verskaf en is deur die bruid en bruidegom betaal. Jy moet die troue bywoon as jou enigste bedoeling is om die unie te ondersteun en die feestelikhede te geniet. Indien nie, maak gebruik van die geleentheid om die uitnodiging wat verskaf word af te wys.
Wit is nie die regte rigting om te gaan nie:
Wanneer dit nader aan die tyd kom om die perfekte klere te gaan koop, bly weg van wit. Wit is die bruid se kleur. Jy as gas moet sover as moontlik weg bly van wit af, tensy die bruidspaar anders opdrag gegee het. Dit is die bruidspaar se groot dag, jy wil nie die bruid oortref nie.
Los jou persoonlike geskille by die huis:
Almal word getref deur lewe elke dag en ons almal is sterk. Met dit gesê, ʼn troue is ook definitief nie die plek vir jou om jou persoonlike geskille te hê nie. Daar is ʼn plek en tyd vir alles, en by ʼn troue waar liefde gevier word is glad nie die regte plek daarvoor nie. Dinge gebeur en partymaal kan jy nie help daarvoor nie. As daar wel iets moet gebeur by die troue wat te doen het met jou persoonlike geskille, hou dit weg van die bruidspaar af. Daar is geen rede om hulle dag te bederf nie.
Persoonlike opinies:
Ons almal het ons eie smaak en styl, maar as ʼn gas by ʼn troue is dit maar beter om eerder enige opinies by die huis te los. Die pragtige bruidspaar het al klaar soveel stres en angs op hul skouers, hul nodig nie nog kritiek van hul gaste af nie. Dit is hulle troue en weerspieël wie hulle is as paartjie. J y as gas is daar om te gaan ondersteun, enige iets om die paartjie spesiaal te laat voel en geluk te wens.
Dus is dit nie ʼn gas se plek om enige mening te lig oor enige troudekor, kleredrag of selfs die kos waarvoor die gas nie eers voor betaal het nie. Dit is nie die tyd om jou opinies uit te lê nie, dis nie hoekom jy nie uitgenooi was nie.
Die regte trou drag gidslyne vir gaste:
ʼn Troue is wonderlike gebeurtenis en alle gaste wil mooi lyk. Tóg is daar grense om by te bly as gas van ʼn troue. Dit is heel normaal vir ʼn bruid om trou drag te gaan verander na die seremonie. Wel tog is dit haar dag, al die aandag moet juis op die bruidspaar wees.
Dit is nie normaal vir ʼn gas om klere te gaan verander na die seremonie nie. Die regte trou drag vir gaste by ʼn troue is net 1x klere-stel vir die hele troue. As die gas nou regtig wil ʼn ander rokkie of iets gaan aan trek, maak net seker dit is tog geskik genoeg vir ʼn troue.
Indien die bruidspaar vir die gaste sê wat hul moet aantrek volg dit. Indien nie, vermy eerder jeans en plakkies na die spesiale gebeurtenis toe.
Wees respekvol:
Hierdie opskrif is dalk een van die belangrikste. Wees respekvol. Plaas jou foon weg tydens die seremonie of in die onthaal. Tydens die toesprake, luister en geniet die oulike, liefdevolle toesprake.
Vir vele redes kan ʼn mens se foon ʼn groot afleiding wees. In die fotografie aspek lyk selfone lelik. Verder wees respekvol teenoor die bruidspaar se trou skedule, hulle het die tydlyn so fyn uit beplan om alles wat spesiaal is vir hul gaste mooi uit te lê. Koester elke sekond van die bruidspaar se groot dag, en sit alle aandag op die bruidspaar.
Moenie drink om dronk te word nie:
ʼn Troue is ʼn gesellige gebeurtenis, maar die bruidspaar wil nie nog bekommer oor hul gaste wat dalk só dronk word, dat hul nie kan loop nie of miskien die onthaal vuil maak nie. Met elke troue moet die gaste tog nog ʼn tipe van klas volg.
As daar dalk toe gelaat word dat mens op rekening kan koop by die kontant kroeg, wees verseker om net op jou eie rekening te bestel. Dink aan die ander gaste en moet nie op hul rekeninge bestel nie. Wees vry om jouself te geniet, maar onthou net dat dit is wel ʼn troue en nie ʼn kuierplek nie. Die bruidspaar wil hul dag saam al gaste geniet en nie hoef te bekommer oor enige kroeggevegte of braking nie.
Artikel Krediet:
- Teks: Conlia Taljaard
- Foto’s slegs vir illustrasie en maak glad nie deel uit van die artikel nie.
- Fotograwe: Pexels