Christoph & Grethe se ouwêreldse elegante styl troue

Paartjies wat besig is om hul eie troue te beplan en ‘n klassieke gevoel vir hul troue wil hê sal baie van Christoph en Grethe se troue hou.  Die aantreklike paartjie het hul groot dag by die besonderse venue in Mountain View, Johannesburg gehou.

Die venue is iets om te beleef en ons raai aan as julle opsoek is na ‘n venue om na hul blad op Mooi Troues te gaan kyk deur eenvoudig net hier te klik.

Ons weet Mooi Troues se lesers sal baie van die paartjie se troue propvol inspirasie hou so rol af en geniet elke liewe foto.  Albei Christoph en Grethe deel goeie advies met Mooi Troues se lesers wat hul troue beplan so lekker lees.

shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos

 Julle troudatum en ouderdom van paartjie op troudag?


13 Oktober 2018, Bruid – 32 en Bruidegom – 29

shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos

Hoe het julle mekaar ontmoet en wie het wie gevra om te trou?


Ons het ontmoet by die Britse visa-kantore toe ons albei aansoek gedoen het vir ‘n visa vir die 2015 Rugby wêreldbeker.  Christoph het agter my in die ry gestaan en ek het gewag vir ‘n rede om met hom ‘n geselsie aan te knoop.  Toe hy hardop ‘n vraag oor die aanlyn-registrasie vorm vra, was ek reg met ‘n antwoord.

Christoph het my gevra om te trou in Central Park in New York.  Dit was ‘n Saterdagoggend, en na die oggendreën, was dit stil en pragtig groen.  Ons het daarna ‘n New York Yankees wedstryd gaan kyk en dit behoorlik gevier!

shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos

Vertel ons meer oor hoekom die bruid haar spesifieke trourok gekies het?


Ek was opsoek na iets wat nie as ‘n tipiese trourok beskou sal word nie.  Ek het heelwat rokke aangepas om te sien watter styl my komplimenteer.  Toe ek my rok aanpas, het dit my soos ‘n handskoen gepas.  Dit was ook lig en romanties en ek was gaande oor die sjampanje kleur en pragtige krale werk.  Die rok se naam, Hollywood, was ook perfek.

shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos

Vertel ons meer van jul ringe.


Christoph het my ring laat maak en self die ontwerp en diamant gekies.  Ek het net so ‘n paar riglyne gegee, ek hou nog altyd van die ovaal diamant vorm.  Die resultaat was en is pragtig – Ek is verlief op my ring!  My pand is deur dieselfde verskaffer gemaak.

Vir sy ring het ons ook dieselfde verskaffer gebruik.  Hy wou iets eenvoudig en nie te opvallend gehad het.

shepstone gardens wedding photosshepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos

Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf.


Ons het na redelik baie navorsing besluit op Carolien en Ben fotografie en Fascination Pictures.

Carolien en Ben was absoluut fantasties en ons was van die eerste oomblik op ons gemak.  Ons foto’s het lieflik uitgekom!

Daniel van Fascination Pictures was ook wonderlik op ons troudag, en vol oulike idees, ons kan nie wag om ons video te deel nie!

shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos

Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag en wat sou julle verander indien moontlik?


Dit was verseker toe ons mekaar die eerste keer sien vir die seremonie – ons was albei so bietjie emosioneel.  In daai oomblik besef jy waaroor die dag gaan en dat ons twee en ons gelofte aan God die belangrikste is.  Ek sal niks verander nie.  Alles verloop nie perfek soos mens dit beplan nie, maar die dag as ‘n geheel was perfek.

shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos

Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?


Toe ons in stap by Shepstone Gardens het ons geweet dis ons trouvenue, ons het sommer daai selfde oggend die deposito betaal.  Dit is werklik ‘n sprokiesvenue.  Ons dekor inspirasie was die venue self, ‘n ouwêreldse elegante styl en die pragtige tuine waarvoor dit bekend is.  Ons kleurskema was juweel skakerings met ou goud dekor items hier en daar.

 

shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


Dames:

  • Handel die boek van jou venue en fotograaf eerste af.
  • Gee vir jou verskaffers ‘n aanduiding van jou begroting wanneer jy kwotasies kry.
  • Maak ‘n lys van al die aspekte van die troue en gaan deur die lys elke paar weke.

Mans:

  • Berei jou toespraak voor.  Dit help met die senuwees.
  • As jy nuwe skoene koop vir die troue, loop dit so bietjie in voor die tyd, sodat jy nie ongemaklik voel die dag nie, veral as jul die eerste dans doen.
  • Eet iets die oggend asook terwyl die fotos, aantrek, ens. plaasvind.

shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos

Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou? Hoeveel gaste het julle onthaal?


Ons het by ons begroting gehou deur navorsing te doen en pryse te vergelyk asook deur te besluit wat is noodsaaklik en belangrik en wat is onnodig.  Beide ons ouerpare het bygedra, waarvoor ons baie dankbaar is.  Ons het 124 mense onthaal.

shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos

Vertel ons meer van jul Wittebrood


Vir ons wittebrood was ons na die Meeru Island Resort and Spa in die Maldives.  Dit is werklik ‘n paradys en die tyd daar was ‘n fantastiese ondervinding.  Ons het onder andere gaan scuba duik, watersport gedoen, kaalvoet rondgeloop, baie ontspan en mekaar se geselskap geniet.

shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos

Vertel ons meer oor jul eerste dans


Ons eerste dans liedjie was Safetysuit se Never stop (die rock weergawe).  Ons wou iets kies wat by ons musiek smaak pas, en dus was die liedjie nie juis jou tipiese eerste dans keuse nie, maar die woorde is vir ons baie spesiaal.

Ons het vir ‘n les gegaan en ook ‘n baie opwindende draai geleer wat al die gaste sprakeloos gehad het.

shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos shepstone gardens wedding photos

[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

[endsection]