Wat as dit onweer is op julle troudag?

Die vraag wat ons by Mooi Troues al talle kere gekry het is “Wat as dit onweer is op ons troudag?”.   Almal beplan ʼn prentjie mooi sonskyn dag vir hulle troue, maar die weer is een van die dinge wat julle geen beheer het oor nie.  Die uitsondering is egter as julle ʼn winter troue beplan of in seker dele van die land trou waar die area somer reën kry.  Hierdie artikel gaan spesifiek oor die oomblik wanneer julle dink die weer gaan sonskyn wees en nou reën dit.

Daar is niks meer stresvol as wanneer julle dinge op die dag van jul troue moet begin rondskuif weens die weer wat eweskielik verander nie.  By Mooi Troues glo ons daaraan om altyd ʼn Plan-B gereed te hê.  Maak nie saak hoe goed julle die area ken nie, of hoe mooi die weer in die area daardie tyd van die jaar is nie.  Die natuur is onvoorspelbaar, maar jul trou beplanning hoef nie te wees nie.

Rol af vir advies wat julle kan doen om reën weer op jul troudag beter te bestuur en te gebruik, sodat dit vir julle troue werk.

Gesels met julle koördineerder:


Indien julle ʼn trou koördineerder het, gesels met die persoon oor die moontlikheid van reën of ander redes dat daar ʼn Plan-B moet wees.  Maak seker dat Plan-B wel uitgevoer kan word sonder enige vertragings op die dag van julle troue.  Byvoorbeeld: Julle troue se seremonie buite op ʼn pragtige grasperk tussen die berge, maar dit begin liggies druppels val, maar julle Plan-B was om in die Kelder van ʼn boetiek wynlandgoed die seremonie of onthaal te hou, maar nou is dit nog vuil en modderig binne die kelder.  Die koördineerders moet seker maak die area is wel skoon en semi-gereed om vinnig te kan inrig vir ʼn alternatiewe opsie.

Ons sê glad nie dat julle twee aparte spasies moet opstel nie, maar net as daar onweer voorspel is, dat daar ʼn ander opsie is, indien moontlik.

Dit hang af watter opsie julle gekies het by jul koördineerder en watter beplanning hulle deel is van. Indien hulle met die diensverskaffers ook te doen het, kan julle sommer die onderste punte ook lees en met jul koördineerder bespreek of direk met die trou diensverskaffers.

Selfdoen troues:


Wanneer dit kom by selfdoen troues, is daar bietjie meer werk.  Dit is dus belangrik dat julle ʼn goeie plan van aksie het.  Dit gaan alles oor jul beplanning tegniek en of julle vooraf dinge beplan en strategies bymekaar gebring het.

Met selfdoen troues, moet paartjies self dink aan ʼn Plan-B.  Gesels met jul trou venue voor die tyd oor onweer ensovoorts.  Die volgende paar punte is baie belangrik en dit is dinge wat ʼn impak sal hê op hoe jul dag sal verloop, indien die weer wel verander, so rol af om eer advies te kry.

Waar gaan julle jul foto’s en video neem?


Hierdie is seker die tweede mees stresvolste punt as julle ʼn buite troue het.  Indien julle binne trou en buite wil foto’s neem, sal dit jul nommer een stres wees. Waar om jul foto’s te neem as dit reën of erger, ʼn effense storm is.  Dit is baie belangrik om ʼn fotograaf te gebruik wat genoeg ervaring het en die stres kan hanteer.

Die beste is om ʼn afspraak met jul trou fotograaf te reël en die moontlikhede met hom/haar te bespreek.  Gesels oor dit asof dit gaan gebeur.  Vra advies van jul trou fotograaf.  Onthou, fotograwe neem met lig en as die lig nie voldoende is of by die fotograaf se fotografie styl pas nie, dan sal dit ʼn groot probleem veroorsaak.

Indien julle trou fotograaf al voorheen by die venue ʼn troue gedoen het, vra of hulle vir jul idees kan gee waar julle moontlik nogsteeds die fotosessie op die dag kan doen.  As julle naby genoeg aan die venue woon, is dit beter om die venue self te gaan besoek.  Wees op die uitkyk vir alternatiewe opsies waar julle foto’s kan neem indien dit op die dag bietjie onweer is.  Kyk na beskutte areas wat nogsteeds buite is, maar waar daar nie direkte reënval sal wees nie.

Daar is wel paartjies en fotograwe wat baie avontuurlustig is en wel in die reën sal foto’s neem.  Dit is verskriklik mooi, maar maak seker dat almal betrokke dan wel deel sal wil wees met die avontuur.  Die fotograaf se toerusting sal nie nat kan word nie, want dit het elektroniese komponente wat kan beskadig as dit nat word.

Die belangrikste is kommunikasie.  Maak seker julle kommunikeer met jul trou fotograaf voor die tyd sodat hy/sy weet wat om te verwag indien dit onweer is.

Buite Seremonie & Venue:


Dit raak al hoe meer gewild om buitelug troues te hou.  Wat is dan nou lekkerder as ʼn troue onder die bome, tussen die berge of onder die sterre.  In Suid Afrika is ons in die algemeen bederf met goeie weer.  ʼn Buitelug troue klink idillies en word baie gedoen, maar as dit onweer is, sal julle definitief aan ʼn ander plan moet dink.

Wanneer julle jul seremonie area en venue bespreek en dit is wel buite, maak seker julle vra jul venue watter opsies hulle tot beskikking het indien dit onweer is.

Maak ook seker dat die opsies wat hulle sê, wel gedoen kan word en gereed kan wees as ʼn Plan-B sonder om te veel tyd op te neem.

In Kort:


Kommunikeer met jul koördineerder, venue, fotograaf en ander diensverskaffers voor die tyd en beplan ʼn Plan-B klaar vooraf, sodat julle nie die reëlings op die dag van die troue hoef te beplan nie en rond hardloop nie.  Werk ook twee tydlyne uit; Een vir die gewone beplanning en dan een vir Plan-B, sodat julle sommer op die dag net vinnig oorskuif na die volgende plan, sonder om in ʼn histerie te gaan.  Plan-B is jul ekstra plan, indien iets skeef loop met Plan-A.  Dit is om te verhoed dat julle onnodig oor stres word op jul troudag en dinge skeef loop en jul dag bederf word.

Artikel Krediet: