Stephan en Gretel het die oggend van 24 Maart 2013 op die plaas gaan rond loop en uiteindelik by Gretel se gunsteling deel van die plaas gestop. Dáár het ʼn klomp wit, klei harte gelê wat Gretel se ma spesiaal vir die geleentheid gemaak het. Hier het Stephan op sy knie gegaan en die groot vraag gevra.
Daarna het die verloofdes ʼn groot feesmaal, saam met die hele familie, onder die bome geniet. Soos julle kan aflei is dié twee lekker plat-op-die-aarde mense wat ʼn groot liefde vir die plaas en natuur deel.
Hierdie onthaal area was destyds ʼn koeistal, maar word vandag gebruik deur paartjies wat die knoop wil deurhaak. Almal, van die bruid en bruidegom tot die gaste was gemaklik en het hul tyd by die troue genie Stephan en Gretel sê die een ding wat hul wel sou verander as hulle kon, is om vroeër die dansvloer te open en al hul gunsteling liedjies deur te werk. Hiérdie is weer een van daardie troues wat uniek is en ons bevoorreg voel om met julle te deel.
Volgens Stephan was sy hoogtepunt; “Toe my fee-prinses met my nuwe pa aangestap kom.” Gretel s’n was; “Toe ons op ‘The Light’ van Mason Jennings in die pragtige saal ingestap kom en ek al my vriende en familie sien glimlag.”
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Marsel Roothman
- Onthaal: The Cowshed
- Dekor: Miershoop Ateljee
- Huweliksbevestiging: Ds. Jan Vink
- Musiek: Gerald Clark
- Kos en Kelners: Marann Cheketri