Kostes waaraan bruidspare nie dink nie

In hierdie artikel kyk ons ​​na ʼn paar kostes waaraan bruidspare nie dink nie. Dit is nie noodwendig dat paartjies nie aan die koste dink nie, daar is eenvoudig soveel om oor aan te dink tydens die trou beplanningsproses.

Paartjies vergeet veral die dinge wat nie noodwendig direk met die troue verband hou nie, maar steeds ’n belangrike rol speel om die dag vlot te laat verloop.

Onthou om die items op jou troubeplanningslys te plaas. ’n Troubeplanningslys is uiters belangrik wanneer dit by troubeplanning kom. Dit help om stres te verlig en alles op een plek bymekaar te hou.

Rol af om meer te lees.

Verstellings:


Daar is altyd iets wat aangepas moet word voor die dag van jou troue. Dit kan op die trourok, strooimeisierokke of selfs die bruidegom se pak wees. Daar kan ook ander klein aanpassings aan die dekor en so meer wees.

Dit is gewoonlik iets waaraan paartjies nie dink nie, en as dit gebeur laat dit stresvlakke die hoogte inskiet! Dit kan dikwels ʼn groot ekstra uitgawe wees as jy dit nie in jou oorspronklike begroting in ag geneem het nie.

Maak seker jy kry kwotasies voor die tyd en sit dit in eerder as om dit uit te laat en ʼn bietjie moeilikheid te hê, want jy moet op die laaste oomblik geld uithaal vir hierdie uitgawes.

Onderklere en Bykomstighede:


Dis iets waaroor niemand graag praat nie, maar of jy dit nou wil weet of nie, gemaklike en pragtige onderklere is ’n móét vir jou troudag. Jy wil gemaklik wees terwyl jy die mooiste rondom jou voel op jou troudag. Onderklere is redelik duur en is iets waarvan paartjies gewoonlik in die proses vergeet.

Ongenooide Gaste:


Jy lees reg! Dit gebeur regtig nogsteeds! Ons het al soveel kere gehoor van gaste wat nie RSVP neem nie of ‘n tannie of neef wat dink dis reg om iemand ekstra te nooi en heeltemal vergeet om die paartjie te laat weet dat hy of sy twee ekstra mense genooi het.

Mens wil nie hê sulke dinge moet gebeur nie, maar dit gebeur. Maak seker jy het ‘n klein ekstra sitplek vir twee mense beskikbaar en dat daar ‘n ekstra twee borde kos is. Slegs as iemand ongenooid opdaag.

Ons weet dit is ‘n ekstra uitgawe, maar jy kan nie vir jou ongenooide gaste ‘n toebroodjie met botter gee nie.

Geskenke vir ouers en ander familie lede:


Dit is nie een van daardie dinge wat jy móét doen nie, maar baie paartjies koop iets spesiaals vir hul ouers en/of nabye familielede wat by die trou beplanningsproses betrokke was om dankie te sê vir die hulp.

As jy so iets wil doen, maak seker jy koop die geskenke vooraf, sodat dit nie nader aan die troudag ekstra druk op jou plaas nie.

Op hierdie manier bespaar jy ook koste en die stres om geskenke op die nippertjie te soek. Paartjies bestee dikwels meer omdat jy eerder iets duurder wil koop net omdat dit vinniger en geriefliker is.

Diensverskaffer maaltye:


Alhoewel julle jul trou diensverskaffers betaal vir hulle dienste, kyk mooi na jul diensverskaffers en gee hulle ʼn begroting vir nie-alkoholiese drankies sodat hulle gehidreer bly.  Maak seker hulle kry ook kos om te eet by die troue.  Verkieslik dieselfde kos as julle trou gaste.

Daar is niks meer erger as diensverskaffers wat nie kos by troues kry nie. Klik hier om ons artikel te lees rakende advies oor etes vir trou diensverskaffers.

Videografie:


Baie paartjies dink dat omdat hulle ‘n fotograaf huur, hulle nie ‘n video nodig het nie. Dit is presies waar jy die fout maak. So ‘n paar weke voor jou troue verskyn die mooiste video op jou sosiale media en jy is verlief daarop. Moet asseblief nie die fout maak nie.

Nou moet jy op die nippertjie iemand kry om ‘n troufilm van jou troue te maak. Jy moet nou ekstra begroting kry omdat jy nie oorspronklik hiervoor begroot het nie.

Faktoreer dit reg van die begin af by jou trou begroting in. As jy nie ‘n video wil hê nie, spaar jy daardie geld vir jou wittebrood. Ons beveel aan dat jy ‘n videograaf en fotograaf het.

Beligting:


Almal dink aan kerse. Kerse is pragtig, maar nie beligting nie! Dit is ook nie jou fotograaf of videograaf se verantwoordelikheid om die hele plek te verlig nie.

Maak seker jy kry ’n diensverskaffer wat pragtige beligting vir jou troudag kan doen. Pragtige beligting bring net lewe in enige onthaal lokaal en laat ook die foto’s en video mooier lyk.

Dit is iets waaraan niemand dink nie, totdat hulle vir oulaas die onthaal lokaal besoek en besef dat dit ‘n bietjie leeg is of dit ‘n bietjie donker is. Wees voorbereid van die begin af. Die meeste venues kort daardie ekstra beligting om die atmosfeer te skep.

Diensfooie:


Meeste paartjies vergeet daarvan om die kelners en kelnerinne op die aand van hul troue ʼn diensfooi te gee as ʼn dankie.  Meeste paartjie gee wel op die aand ʼn klein diensfooi, maar dit nie iets waarvoor hulle vooraf beplan het nie en dit val hulle slegs by op die aand van die troue en nou moet julle in die krediet kaart in spring.  Nee!  Beplan dit vooraf en werk dit in, so weet julle wat kom.

Artikel Krediet:

  • Teks verwerk deur Mooi Troues
  • Foto’s vanaf Pexels