Skoene lê na aan die hart vir elke vrou en daar is geen uitsondering vir ‘n bruid nie! Die eienaar van OPARI skoene was dus meer as gewillig om ‘n gestileerde fotosessie om die konsep van ‘n nuwe reeks skoene vir die bruid te reël. Hou jul asems in, dit is nie net skoene nie maar ongelooflike trourokke, juwele en troudekor. KFM en Expresso Morning Show op SABC 3 se geliefde Zoë Brown het model gespeel vir dié geleentheid. Wel gedaan aan die span wat dié Ametis geïnspireerde trou inspirasie bymekaar gesit het en ons wens almal die beste vir die 2019 trou-seisoen.
Wie het die fotosessie gereël?
Die konsep agter die sessie was gereël deur Shireen Louw, Fotograaf asook eienaar van OPARI skoene.
Inspirasie vir die fotosessie?
Die idee agter die konsep was Nr1 OPARI se nuwe styl Royal Blou “Claire” Skoene. Sowel as die samesmelting van “Earth (Amethyst) – Wind (Vere in Rok asook die vloei van ander rokke). Asook die Ocean (Vandaar die Venue Keuse ) Tintswalo Atlantic
Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?
Vir my het ek nog altyd geglo aan mens werk die lekkerste saam met mede industrie lede as almal op dieselfde golflengte is waar dit kom by kwaliteit, kreatiwiteit, professionalisme sowel as bereidwilligheid om as ‘n span te werk en dit is presies wat die groepie na die tafel bring.
Daar is spesifieke dinge van die diensverskaffers waarvan ek persoonlik baie van hou.
Cindy Bam se rokke is altyd onoortreflik, luuks asook het altyd daai ietsie “anders” – Sy self is ‘n ongelooflike oulike mens met wonderlike idees en kreatiwiteit.
Helga Strydom is ‘n meester met die grimeer kwas en sy is ‘n ongelooflike oulike mens om saam te werk.
Rudy van Tonder die videograaf vir die fotosessie is kreatief en is glad nie bang om uit die boks te dink en te doen vir daai “treffende oomblik”
Carmen & Melissa van Two Cherries Events is ‘n meester beplanners asook die manier hoe hulle alles bymekaar trek en die dag vlot laat verloop is al wat mens nodig het om te weet alles is onder beheer.
Michelle van New Vintage Events se Dekor en Blomme is altyd fantasties en sy sal altyd die ekstra myl gaan om ‘n idee te laat realiseer.
Wade van Cakes by Wade se koeke en versiering is uit die boonste rakke. As ek by troues kom waar hy die koek gemaak het, maar ek altyd seker ek eet ‘n stukkie want dit is hemels.
Anika van Belissimo Designs is kreatief en die skryfbehoeftes is altyd perfek volgens kliënt se verwagtinge.
Opari Skoene – Nie net omdat dit my besigheid is nie, maar omdat ek glo in die brand is ek so opgewonde om OPARI skoene aan Suid Afrikaanse bruide aan te bied. Ek is ongelooflik opgewonde oor die toekoms vir OPARI.
Agter die skerms inligting bv. probleme met onvoorsiene omstandighede
Dit het begin reën in die middel van ons fotosessie, maar dit het niemand gestop nie, ons het regdeur geskiet en dit maak werk.
Wat was vir jou die spesiaalste deel van die fotosessie?
Die feit dat almal wat betrokke was die idee en eind produk geproduseer het tot die volste potensiaal.
Advies wat aan paartjies gegee kan word wat die inspirasie wil volg?
Hierdie tema pas ongelooflik mooi by die see, sowel as by die bruid wie wil weg beweeg van die “normale dekor” asook helder blou/groen kleure as kleur skema verkies ens.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Konsep & Fotograaf: Shireen Louw Wedding Productions
- Videograaf: Groot Dors Produksies
- Venue: Tintswalo Atlantic
- Koördinering & Dekor: Two Cherries Events
- Blomme: New Vintage Events
- Hare en Grimering: Helga Strydom
- Trou Rokke: Cindy Bam Couture
- Trou Skoene: Opari
- Ametis Juweliersware: Janine Binneman
- Skryfbehoeftes: Anika Coetzee
- Koek: Wade’s Cakes
- Amethyst kristalle: Rockchick
- Modelle: Zoë Brown & Gretchen Gray