Sandduine & Palmblare gestileerde trou inspirasie

Die strand is steeds ‘n populêre keuse van plek vir paartjies om die knoop deur te hak en ons my Mooi Troues glo nie die Tropiese gevoel sal sommer baie vinnig uit die mode gaan nie.  ‘n Kreatiewe en talentvolle span diensverskaffers het bymekaar gekom en dié Sandduine & Palmblare gestileerde trou inspirasie bymekaar gesit.  Onder lees ons dat die koördineerders van dié fotosessie iets wou doen wat sal praat met toekomstige bruide en diegene wat graag in Dubai wil trou.  Baie Suid-Afrikaners werk in Dubai só dié idee is glad nie sleg nie.

Rol af en sien hoe hulle kreatief geraak het om die Dubai se Woestyn na ons in die Kaap gebring het.  Ons hoop die gestileerde fotosessie inspireer baie paartjies wat nog besluit op ‘n gevoel vir hul droomdag en moeg is vir die gewone.

Wie het die fotosessie gereël?


Chantel Rouhotas van On Trend Style Events

Inspirasie vir die fotosessie?


Ek en Chantel Rouhotas van On Trend Style Events, het ’n droom gehad om Dubai toe te gaan om ’n paar fotosessies te doen en om inspirasie te gaan kry vir toekomstige troues en paartjies.  Om dit te maak werk, moes ons ’n fotosessie doen wat iets anders was, iets wat praat met Suid-Afrikaners en ook met moontlike kliënte in Dubai wat ons sou bespreek vir foto sessies en troues.  So ons het vinnig begin idees saam sit en die Palm takke en sandduine idee het opgekom.

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Ons moes verskaffers kies wat ons idee kon verstaan, en wat in Kaapstad gebaseer was, sodat ons sessie logistiek uitwerk.  Ons venue was die duine by Atlantis in die Kaap, so die span wat gekies was, moes koue,wind en weer, sandduine in verlate plekke en sand tussen die tone kon verdra.  Maar eintlik was ons net heeltemal geïnspireerd deur hul werk en entoesiasme, maar toe die weer ons ’n “truuk” gooi het almal soos “vegters” saamgestaan en ’n sukses daarvan gemaak.

Wat was vir jou die spesiaalste deel van die fotosessie?


Die asemrowende ongerepte area in die Atlantis Duine in die Kaap, waar ons sessie plaasgevind het!  Dit was beeldskoon.  Ons moes ’n permit gekry het spesifiek om daar af te neem.  Slegs inheemse blomme wat natuurlik in daardie area voorkom moes gebruik word sodat ons geen skade aan die ekologie doen nie.  Ons het ’n omgewings inspekteur gehad wat ons fyn dopgehou het.  Ons span moes baie deursettingsvermoë gehad het met die reën, koue, wind en al die uitdagings.

Advies wat aan paartjies gegee kan word wat die inspirasie wil volg?


Ons plan was om inspirasie te wees vir paartjies, om ’n effe Arabiese tema.  Alhoewel ons net blomme wat in daardie area natuurlik voorkom kon gebruik ( inheemse) te skep.  Iets wat nog nie gedoen is nie, met klas en pragtige kleure wat goed vir ’n troue kon werk.

    Artikel Diensverskaffers:

    [section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers:

    [endsection]