Roosgoud sal nog vir ʼn tyd ʼn groot tendens wees vir wanneer dit kom by kleur keuse vir troues. Dié kleur bied ʼn romantiese en elegante atmosfeer na ʼn spesiale geleentheid. Ons by Mooi Troues hou baie van Lize se keuse van trourok met kant bo om die bors en vloeiende onderkant – Baie paartjies kies om in die Somer te trou, maar dink nie daar aan dat dit uiters warm kan word nie en die rok lyk sommer koel en gemaklik terwyl dit tog nog baie elegant is. Lize se haarstyl was opgedoen, maar nie te styf nie en dit het haar gehele voorkoms mooi afgerond. Die spyseniering lyk uit die boonste rakke en ons weet sommer Morné en Lize se gaste het hul troue so baie geniet net soos Mooi Troues se lesers dit gaan geniet om deur die foto’s te blaai en hul liefdes verhaal te lees.
Wat was jul troudatum en hoe oud was jul albei op dié dag?
21 April 2018 en Lize 25 , Morné 26
Hoe het julle mekaar ontmoet?
Ons het beide gedurende Januarie 2011 studeer by CPUT Kampus te Wellington. Ons het vir mekaar geloer en op 16 April 2011 het ons oë ontmoet… en die res is geskiedenis. `n Droom wat in `n sprokiesverhaal ontvou het.
Hoe het julle verloof geraak?
Morné het `n reis gedurende April 2017 op die MSC Cruises beplan waar hy die groot stap sou neem. Gelukkig is Morné van nature baie haastig en kan gewoonlik nie wag vir opwinding nie. Op `n vroeë Saterdagoggend, 18 Maart 2017 kon hy nie meer wag nie en het die hele huis met blomme en roosblare versier, ontbyt gemaak en op een knie voor die bed gewag totdat ek wakker word. My oë was skaars oop toe hy met groot bruin oë, rooi wange van opgewondenheid en `n bewerige stemmetjie die groot vraag
Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf.
Shireen Louw is absoluut ongelooflik. Ek het haar gekies nog voordat ek `n datum vir die troue of venue gehad het. Die manier hoe sy te werk gaan om alles perfek te kry en almal op hulle gemak te stel is `n wonderwerk. Haar foto`s en video`s staan bo die res uit.
Vertel ons meer van jul ringe.
Morné het `n baie spesiale verloofring vir my gekies en het geen moeite ontsien om dit spesiaal te maak nie. Aangesien ek nie `n trouring wou hê nie, het hy my verras met `n nuwe ring wat ek eers gesien het toe hy dit aan my vinger gesteek het by die seremonie. Nou het ek twee ringe – my verloofring en my trouring.
Morné se ring is `n unieke swart trouring aangesien ek wou hê dat dit moet uitstaan aangesien hy so `n uitsonderlike mens is.
Wat was die merkwaardigste oomblik van die aand?
Ons eerste dans. Morné is nie `n danser nie maar die oomblik toe hy my in sy arms geneem het, my in die oë gekyk het, het hy ontspan en my op die dansvloer gelei op ons liedjie… Beide van ons het van al ons gaste vergeet en net bewus gewees van mekaar.
Wat sou julle verander indien moontlik?
Ons sal niks verander nie, dit was so spesiaal.
Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?
Beplan jou troue soos wat julle dit wil hê en moenie kompeteer met enige iemand anders se troue nie. Maak gebruik van verskaffers waarvan daar betroubare verwysings is. Moenie te veel fokus op klein detail nie. Maak seker dat daar genoeg en lekker kos is – dit is gewoonlik waaroor die gaste na die troue praat. Indien alles op die dag nie verloop soos jy beplan het nie, onthou jy kan alles hoe goed beplan maar die uitvoering daarvan is nie noodwendig in jou hande nie. Dis ook gewoonlik net jy wat weet as dinge nie so perfek is soos wat jy beplan het nie. Hou die toesprake kort en bondig en wanneer al die formaliteit afgehandel is, kuier saam met jou gaste en geniet jou eie troue.
Hoe het julle die venue gekies?
Ek het van kleintyd al gedroom oor `n venue wat mooi, elegant en treffend is en wat `n gevoel van geluk skep. Ashanti was die perfekte keuse gegewe die ligging en styl van die gebou. Natuur rondom het ook `n belangrike rol gespeel. Die personeel van Ashanti was bereid om die ekstra myl te stap en niks was te veel gevra om my droom te verwesenlik nie. Die sjef was ook bereid om af te wyk van die vooropgestelde spyskaarte en het watertand geregte geskep soos geïnsinueer deur myself en my ma.
Wat was die inspirasie agter jul dekor?
Ek was nog altyd versot gewees op Roosgoud en wou dit kombineer met sagte pienk om `n romantiese atmosfeer te skep. Die idee was om die dekor te gebruik om `n romantiese gevoel te skep wat elegant maar ook gemaklik is.
Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou?
Ons aanvanklike begroting was R150 000.00 maar het dadelik geweet toe ons begin beplan het dat dit nie haalbaar is nie. Gelukkig was ons nie beperk tot `n begroting nie aangesien ons ouers sover moontlik gepoog het om die dag spesiaal te maak sonder om oorboord te gaan. Die finale bedrag was ongeveer R280 000.00
Vertel ons meer van jul Wittebrood
Ons wittebrood was op die Griekse eilande: Athene, Mykonos en Santorini. Morné het die hele wittebrood beplan en het alles uit gedoen om te verseker dat dit `n droom wittebrood was. Die verblyf in die onderskeie hotelle was ongelooflik – privaat swembad en borrelbad op dak met ongelooflike uitsigte, ongelooflike kos en skemerkelkies……
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Shireen Louw Photography
- Venue en Spyseniering: Ashanti Estate
- Trourok: Natalia Trisolino
- Grimering: Evelyn Francis
- Troukoek: Loretta`s Cake Boutique
- Dekor en Blomme: Antoinette Wedding & Events
- Akkommodasie voor troue vir Bruid en Strooimeisies: d’Olyfboom Family Estate
- Akkommodasie voor troue vir Bruidegom en Strooijonkers: 9 Koning straat Gate Huis
- Ringe: Bella Cosa en Charlene Nel