Mona Bester was die gelukkige deelnemer om die Landtscap Kombuistee kompetisie deur Mooi Troues te wen.
Ons wil die volgende diensverskaffers bedank wat die kompetisie moontlik gemaak het; Eila Cakes vir die pragtige koek, Landtscap vir die onthaal en spyseniering, Riaan van der Westhuizen Photography vir die foto’s, Leipzig vir die blomme en dekor en Nooi Kreatief vir die skryfbehoeftes.
Mona vertel dat dít die kombuis-tee is waarvan sy nog altyd gedroom het. ‘n Venue is eie aan sy soort! Met blomme was presies waarvan sy hou en die uitnodigings en ander skryfbehoeftes was pragtig. Die koek was te mooi vir woorde en dan die fotograaf, Riaan, het baie hard gewerk om al die dames lekker gemaklik voor die kamera te laat voel.
Mona se sê sy sal nooit die 18de Januarie 2014 vergeet nie. Ons deel vandag met julle die foto’s van hierdie besondere kombuis-tee.
Diensverskaffers: