ʼn “Elopement” troue in Parys, Frankryk was dié Suid- Afrikaanse paartjie, Marcélle en Johan se idee van trou beloof aan mekaar. Met die Eiffel-toring in die agtergrond en slegs ʼn paar gaste aan hulle sy, het hierdie paartjie die knoop deur gehak. Alhoewel ʼn onbeplande hael storm hulle planne om na hulle seremonie op die Seine Rivier te gaan feesvier hulle planne omver gegooi het, was hulle gestrand in die hotel gesamentlik met hulle gaste.
Hulle reken dat mens eerder jou geld moet spaar wat jou trou dekor en venue aantref en op ʼn behoorlike wittebrood moet gaan waar mens meer op verblyf kan spandeer. Die fotograaf wat hulle pragtige foto’s geneem het, het saam met hulle op hulle avontuur na Parys gegaan. Marcélle het egter twee verskillende bruidsrokke gedra. Sy het ʼn deftige kant rok aangehad tydens die seremonie en vir hulle paartjie foto’s het sy ʼn elegante minimalistiese rok gedra. Ons hoop julle geniet die res van die artikel.
Wat was jul troudatum en hoe oud was julle albei op dié datum?
22 Mei 2018. Albei is 30 jaar oud.
Hoe het julle mekaar ontmoet?
Ons het mekaar by ʼn sosiale geleentheid ontmoet. Aan die einde van die aand het Johan na my toe geloop en gevra of ons nie iewers ʼn drankie wil gaan drink nie. Ons het toe saam met ons pelle vir ʼn nagsopie gegaan, en die res was geskiedenis.
Wie was jul fotograaf en videograaf gewees?
Kusjka… waar begin ons. Ek is al vir baie lank ʼn groot aanhanger van haar werk. Nie net is sy ʼn ongelooflike kunstenaar nie, maar sy het ʼn goue persoonlikheid. Ons kan nie genoeg dankbaar wees vir haar ongelooflike talente, haar kreatiewe insette en die feit dat sy ingestem het om saam met ons te gaan nie.
Hoe het julle verloof geraak?
Johan het my verras met ʼn vakansie na Bali vir my 30ste verjaarsdag. Ons was in Ubud toe hy my gevra het – daar waar die fliek Eat Pray Love geskiet is. Ek en Johan het vroegoggend gaan fietsry deur die ryslande. Ons moes toe natuurlik stop vir ʼn foto of 5. Hy het my toe verder laat loop deur die lande, toe ek omdraai staan die man op sy knie!
Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou?
Ons het slegs ons vliegtuigkaartjies gehad om te betaal en ons eerste 2 nagte se verblyf. Ons het besluit om ons eie fotograaf en pastoor saam te vat, aangesien dit goedkoper was as om in Parys iemand te kry om die dienste te lewer. Na ons troudag was ons dadelik om wittebrood waar ons in Italië en Spanje getoer het.
Vertel ons meer van jul Wittebrood
Ons was 3 weke in totaal in Europa, waarvan die 1ste twee dae vir die troue uitgesit was. Ons het begin in Parys. Na dag 2 (die troudag), het ons vir ʼn week lank in Parys gebly, waar ons alles moontlik gesien en ervaar het. Ons moet bieg, Parys het ons harte gesteel. Daarna is ons na die kuslyn van Frankryk, waar ons getoer het na Italië en Spanje.
Wat was die merkwaardigste oomblik van die aand?
Ons het beplan om die aand na ons seremonie per boot op die Seine rivier te gaan feesvier. Net voor ons die hotel wou verlaat het dit begin hael… hael nie reën nie… So dat meeste van ons familie gestrand was saam met ons in die hotel, aangesien die metro onder water was.
Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?
Spandeer julle geld aan ʼn ordentlike wittebrood. Los daardie ekstra uitgawes en gebruik die geld eerder om julle verblyf te opgradeer.
Wat sou julle verander indien moontlik?
Nee wat, mens kan niks verander as mens in Parys trou nie. Parys is Parys!
Hoe het julle die venue gekies?
Na weke se stry oor ons gastelys, het ons besluit om ʼn weglooptroue te beplan. Ek het ʼn ongelooflike aanbod gekry vir vliegtuigkaartjies na Parys, en net daar het ons besluit dat ons in Parys sou trou.
Hoe lyk die ontwerp van jul ringe?
Marcelle: My ring is tydloos – Ek het ʼn 1.2ct peer vorm Diamant wat geset is in geelgoud. Om die diamant is daar kleiner diamante wat die hoof steen raam. My troupant bestaan uit wit en pienk diamante.
Johan: Ons het vir Johan ʼn 4mm geelgoud D-vom pant laat maak wat by sy horlosie pas.
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf + Videograaf: Kusjka du Plessis
- Grimering en Hare: Marnel Toerien
- Pastoor: Vivien Jonck
- Verloofring: Vivienne Allion
- Trou Pante: Scherman’s
- Lang-mou Rok: Rika Loubser Thompson
- Kant Top: Bronwyn Huckle Benjamin