Vandag wys ons vir julle Deon en Elaine se eie-aan –sy-soort troue. Die paartjie se spyseniering was gedoen deur die bekende Nando’s Original Chicken winkelgroep op Port Elizabeth. Die dekoratiewe gebruik van rissies het ‘n egte Nando’s Original Chicken gevoel geskep, maar ook deel gevorm van die dekor en kleurskema van die troue.
Deon en Elaine het verloof geraak op 10 Oktober 2010. Dit was dieselfde dag wat Elaine haar LLB-graad gevang het in die Kaap. Dubbele vierings. Deon het lank vooraf besluit om daardie dag te kies en so ook reeds vir amper twee maande met die ring “rondgeloop”. Deon het natuurlik daardie aand Elaine gevra of sy nie dink dat hulle die volgende dag ‘n ring moet gaan koop en verloof raak nie, waarop Elaine geantwoord het dit wonderlik sal wees, maar dit moet steeds ‘n groot verrassing wees-waarop Deon gereageer het deur op sy knieë te gaan en die ja-woord te vra. Verrassing inderdaad!
Beste raad vir die beplanning van jou spesiale dag is; bly mekaar se beste vriend en hou by jou eerste idees. As jy gereeld jou idees verander veroorsaak dit onnodige spanning. Maak seker albei is deel van die beplanningsproses, dis tog beide se grootdag.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: After Effect Photography
- Venue: Open Sky
- Spyseniers: Nando’s Original Chicken
- Rok: Corne Rademeyer
- Blomme: Elaine
- Grimering: Tarryn Leigh Harding
- Hare: Marle de Koning