Paartjies wat besig is met die beplanning van hul groot dag moet Pers/Ultra Violet in ag neem as die hoofkleur van hul troue se dekor. Ons weet party van ons lesers krap nou hul kop en wonder hoekom ons nou so iets sal sê. Ons belowe jou as jy klaar deur die foto’s onder geblaai het, dat jy jou opinie sommer vinnig sal verander! Met die regte elemente, sal jou troudag een wees wat nog lank oor gepraat gaan word deur jul gaste wat jul troue bygewoon het.
Moet nie verder huiwer nie! Vind inspirasie vir jul troue sommer nou maklik hier onder.
Ultra-Violet
Al word hierdie kleurkeuse deur baie beskou as dapper of gewaagd, kan dit verseker ook die geleentheid skep vir briljante en artistiese stilering.
Ultra-Violet is aangewys as die kleur van die jaar deur PANTONE. Ons glo sterk dat as pers nie jou kleur is nie, dat hierdie fotosessie jou gaan inspireer om jou ware artistiese identiteit te vind en dalk jou idee oor pers te verander.
Ons het verseker die grense geskuif met hierdie uitmuntende stilering en is beslis trots om dit met jou te deel.
Vir die bruide wat braaf is
Terwyl baie van hierdie elemente al voorheen gebruik is, was dit beslis nog nie op hierdie manier gekombineer nie. Met ‘n tikkie vindingrykheid en verbeelding sal hierdie fotosessie beslis die weg oop baan vir nuwe moontlikhede.
Wanneer stilering bedink en uitgevoer word met die gebruik van hierdie sterk, energie-ryke kleur, moet jy beslis braaf wees en uit die boks kan dink.
Doel van die fotosessie
Die doel van hierdie keuse was om te inspireer, ‘n bewustheid te skep en nuwe betekenis te gee aan die term “Ultra-Violet”, asook om Marlotti Farm Venue bekend te stel.
Vir die begeesterdes en die wat bereid is om kanse te waag het, ons ook ‘n tikkie boheems ingebring.
Kleur-sielkundiges stel voor dat pers die kleur is van spiritualiteit en kreatiewe uitdrukking is. Dit word ook geassosieer met bewustheid. Ons het verskeie elemente gekombineer waarmee ons gesofistikeerde, passie, drama asook ontspanne perfeksie wou oordra.
Dalk trou jy binnekort óf dalk is Pers beslis jou gunsteling kleur. As jy gewonder het hoe jy met ‘n stylvolle plan vorendag te kom, hier is jou antwoord!
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Lume Reiter Photography
- Venue: Marlotti Farm Venue (Martie Smuts)
- Koördineerder: Natasha van Aard
- Blomme: Trudi Everson (Maliflora)
- Hare: Michelle van Heerden
- Grimering: Elmarike Esterhuizen (Majestic Look, Nails and Beauty Salon)
- Trourok: Marlize Meeding
- Juwele: Nina Bosch Porcelain
- Skryfbehoeftes: Libby Bell ( Libby Bell Art)
- Troukoek: Alida (Royal Treats Nelspruit)
- Gin: Tanya Cruse (Dollie’s Gin Nelspruit)
- Modelle: Amorey Dreyer & Drikus Steyn