Mark en Magdeleen se troue in die wynland was ‘n informele viering van hul liefde wat vry was van al die onnodighede wat soms die dag kan oorneem. Die bruid het ‘n onkonvensionele trourok gedra wat buitengewoon klassiek gelyk het saam met eenvoudige juwele en ‘n minimalistiese grimeer voorkoms. Die paartjie se fotograaf het hul goed gekwyt van hul taak en die hele dag vasgelê in ‘n dokumentêr styl fotografie wat speels, maar tog klassiek voorkom.
In die artikel vertel die paartjie hoe hulle ontmoet het in Istanbul, asook hoe hulle verloof geraak het op Tafelberg en ander avonture wat hulle saam gehad het. Die informele samekoms was ‘n mengsel van kos-trokkies, vuur gebraaide pizza’s en lekker kuier heel aand lank. Die paartjie gee ook slim raad nie net oor die troue nie, maar oor die wittebrood ook aan toekomstige getroudes. Ons hoop almal wat ‘n effense meer informele geleentheid wil skep, sal inspirasie hierby kan vind.
Wat was jul troudatum en hoe oud was jul albei op dié dag?
24 Februarie 2018 – Magdeleen 32 en Mark 33
Hoe het julle mekaar ontmoet?
Ons het in Turkye ontmoet. Nadat ek besluit het om vir my 30ste verjaarsdag op n oorsee toer te gaan het vriende my saam genooi. Hulle was ‘n groep wat oor die tyd van my verjaarsdag ‘n toer Turkye toe gereêl het, ek het nie almal in die groep geken nie. Mark was in die groep, so ons het gemeenskaplike vriende gehad waarvan ons nie geweet het nie. Toe almal by mekaar kom die eerste dag in Istanbul het ons mekaar ontmoet.
Hoe het julle verloof geraak?
Ons het tafelberg gaan uitstap. Ons het van Kirstenbosch af gestap. Toe ons bo kom was daar nie regtig ‘n uitsig nie. Ek was toe al baie honger en wou net daar sit om iets te eet. Hy het aangedring ons moet vêrder stap vir n mooi uitsig. Toe ons eindelik n mooi plekkie kry het hy my heeltemal onkant gevang en my gevra. Ek kon dit nie glo nie, en eers toe hy die ring uithaal het ek besef hy is ernstig.
Vertel ons meer van jul ringe.
Mark het vir my ‘n diamant in Ottoshoop gekoop en ‘n ring laat maak in Pretoria. Hy het ‘n foto op my selfoon gekry waar hy gesien het waarvan ek hou. Dis die mooiste ring in die wêreld. Sy ring het ons saam gaan koop na n “winey lunch”. Dis n goue “signature” ring. Ek is mal daaroor en dink hy lyk baie sexy met sy ring.
Wie was jul fotograaf en jul videograaf gewees?
My stiefsuster was ons fotograaf. Daar was nooit enige twyfel dat ons vir June gaan vra vir ons foto’s nie. Sy is die heel beste en sy het nog vir ons ‘n spesiale prys ook gegee.
Wat sou julle verander indien moontlik?
Ek sal die die seremonie nog vroeër hou. Die dag gaan te vinnig verby.
Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?
Kry ‘n kos-trok. Dis baie pret, baie billik en baie lekker kos. Spandeer geld op die dinge wat ‘n troue lekker maak. Lekker musiek, lekker kos en lekker wyn en drankies. Om derduisende rande op dekor en fieterjasies te spandeer maak nie die dag lekkerder of meer spesiaal nie. Dis die mense en die samesyn. Dis baie lekkerder om ekstra geld te hê vir die wittebrood wat nie in n oogwink verby is nie…
Hoe het julle die venue gekies?
My broer werk op die plaas Robert Stanford. Hulle was besig om ‘n amfiteater daar te bou en hy het toe aangebied dat ons dit daar kan hou. Dit was die eerste troue op die plaas.
Wat was die inspirasie vir jul dekor?
Om die waarheid te sê, daar was nie regtig ‘n plan agter die dekor nie. Ek wou dit baie eenvoudig hou en nie baie spandeer op dekor nie. Ons het glas flessies bymekaar gemaak vir blommetjies op die tafels en verder het ons alles versier met kerse en liggies. Die omgewing en natuurlike plaas venue was genoeg dekor op sy eie.
Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou?
Ons aanvanklike begroting was bietjie onrealisties so ons het nie daarby gehou nie. Soos wat ek met vriende gesels het en gehoor het wat troues meestal per kop uitwerk, dink ek ons het baie goed gedoen deur redelik ver onder dit weg te kom.
Wat was die merkwaardigste oomblik van die aand?
Sjoe, alles was so lekker, ons het ons gate uit geniet. Ek dink die oomblik toe ons terug kom van die fotos en by die venue aankom en voorgestel word aan ons gaste as Mnr en Mev. Ek dink ons glimlagte het reg rondom ons koppe gegaan.
Was julle met wittebrood gewees?
Ons het besluit om Mexico toe te gaan. Toe ons na die vlugte kyk, toe sien ons ons vlieg via Brazil. Ons het toe besluit om eers in Rio te stop vir ‘n paar dae. Ons was vir 25 dae weg. Dit was ongelooflik! Sal dit vir enige iemand voorstel. (Dit maak meer sin om ‘n streng begroting troue te hou en te spandeer op die wittebrood)
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Venue: Robert Stanford Estate
- Dekor: To Netts
- Verhuring: Basson & Basson Hiring
- Kos-trok: Boulevard 82 (foodtruck)
- Blomme en tafels: My ma, tannies en vriendinne
- Fotograaf: June Joubert
- Musiek: Newton Theron & Maria Trautman