Strand trou inspirasie

Vandag kan alle strand liefhebbers wat binnekort trou regop sit in hul stoele en aandag gee aan die artikel.  Ons deel met julle ʼn gestileerde fotosessie by Blue Bay Lodge in Saldanha, Wes-Kus.  Die fotosessie lees soos ʼn troue wat vir toekomstige bruide wys presies hoe hul dag sal kan verloop indien hulle besluit om by hierdie venue hul troue te hou.  Dit sluit alles vanaf dekor, skryfbehoeftes, die regmaak-sessie asook paartjie foto’s in.

Die fotografie lyk elegant en wys verskeie areas rondom die venue waar jul fotosessie as paartjie gehou kan word en wys ook die ongelooflike son-sak wat te siene sal wees.  Die venue is eenvoudig en ʼn skoon palet wat dit vir paartjies maklik maak om enige kleurskema hier te gebruik en hul kreatiwiteit ten volle ten toon te stel.  Ons hoop julle vind inspirasie en wie weet, dalk wag jul idillies strand troue in Saldanha …

Wie het die fotosessie gereël?


Die fotograaf, Leanne Durand, het die idee gehad, maar die hele span het op die ou-ent insette gelewer en hul eie kenmerkende kreatiwiteit na die tafel gebring.

Wat was jul inspirasie vir die fotosessie?


Die inspirasie vir die fotosessie was om bruide te wys dat hulle nie oorsee hoef te gaan om die idee van ʼn elegante, eiland vakansie troue te hê nie.  Ons het soveel mooi, weggesteekte plekkies in ons land.  Jy moet net weet waar om te kyk of waar om te vra.  En dan ook om te wys dat strand troues ook elegant mag wees.  Informeel is “cool”, maar dis nie die enigste opsie nie.

Hoekom het julle die span diensverskaffers gekies?


Eerlikheid, betroubaarheid en kreatiwiteit.  Dit was die grootste redes, maar ook oor dit ʼn lekker klomp mense is om saam mee te werk.

Wat was vir jou die spesialiste deel van die fotosessie?


Met die fotosessie was ons gelukkig dat ons bruid en bruidegom modelle in regte lewe getroud is.  Dit was mooi om te sien hoe hy steeds na haar kyk asof sy die mooiste vrou is wat bestaan en dat sy nog net so bloos daaroor soos die dag wat hulle getroud geraak het.  Hulle was my eerste trou kliënte ʼn paar jaar terug.   Dit was regtigwaar baie spesiaal.

Wat is jul advies aan paartjies wat ʼn soortgelyke troue wil hê?


Advies aan paartjies wat ons weergawe van ʼn strand troue wil hê; bring groene in tussen die bloue, wit of room kleure om ʼn tropiese gevoel te skep.  Neem altyd in ag dat die wind kan waai (veral op die weskus van SA), so laat doen jou hare in ʼn styl wat wind of wind stille dae kan oorleef.  Laat weet ook altyd jou gaste vooraf, dat hulle skoene sal kies wat maklik aan-of uittrek, indien julle op die sand trou.

Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers:

    Artikel Diensverskaffers: