Vandag deel ons Jaco en Karien se verlowingsverhaal met ons volgers. Ons het al baie stories gehoor van paartjies wat verloof geraak het, maar dié een is eie aan sy soort. Jaco het Karien die groot vraag gevra tydens ‘n helikopterrit, toe hulle oor groen pekaneut boorde vlieg. Die verliefdes trou op 22 Maart 2014 op hul familieplaas, Riversong, in die Vredefort Koepel.
Hoe het julle verloof geraak?
Ons liefde vir mekaar het tydens ‘n ontspanne Afrika-vakansie begin blom. ‘n Jaar en twee maande later op ‘n pragtige lente oggend in die Vaalharts skema, het Jaco my hart bollemakiesie laat slaan. Goeie vriende nooi ons die oggend vir ‘n helikopter rit oor die vallei. Terwyl ek my nog verkyk aan die helder blou lug en groen pekanneut boorde onder ons , vra Jaco my skielik met die mooiste beloftes en droom ring om met hom te trou. Dit was ‘n baie spesiale dag wat ons kon vier saam met hartsvriende en my broer en sy vrou wat ons ingewag het met sjampanje om die mooi oomblik vir ewig vaste lê.
Wat is jou droom troue?
Ons wil graag hê ons troue moet “magical” en uniek wees, waar ons geliefdes saam kuier en vrolik kan wees. Altwee van ons is lief vir die natuur en die plaaslewe daarom gaan ons, ons hartewens waar maak en fees vier op ons familieplaas. ‘n Markiestent word op die wal van die Vaalrivier opgeslaan waar ons lang tafels gaan dek met Delft , koper, kristal, blomme, baie kerse en koester kos om die bruilof te vier.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Nanet Skead
- Videograaf:
- Grimering:
- Dekor:
- Musiek: