Andrea en James is beide ontspanne siele wat soos Andrea dit beskryf “hippie harte” het. Hul troudag was ʼn boheemse viering van liefde. Dit het kleurvolle blomme en interessante teksture oral waar jy kyk bevat. Die kleurvolle blomme het pragtig uitgestaan teen die wit kleur-palet. Omdat die kleur-palet, buiten die blomme, relatief neutraal was, het die paartjie weer slim gewerk met teksture om dit interessant te hou. Dit het ook perfek gewerk om die goue diertjies wat die paartjie oral gebruik het te laat uitstaan. Hierdie is werklik ʼn klassieke-boheemse troue wat nie te veel na ʼn tema neig nie. Die boheemse elemente is subtiel inkorporeer en beslis ʼn troue om as inspirasie te gebruik. Lees onder meer oor hul ontmoeting, verlowings verhaal en ander antwoorde op Mooi Troues se vrae.
Wat was jul troudatum en hoe oud was julle op dié dag?
Ons troudag was op die 10de November 2017 en ons albei 31 jaar oud gewees.
Hoe het julle mekaar ontmoet?
Toergids James was tussen toergids werke. Sy beste vriend, wat as redakteur by ʼn uitgewery gewerk het, het hom gevra om vir ʼn paar maande aanboord te kom om met die redigering van boeke om gedurende ʼn besige tydjie te help. Almal het onmiddellik van hom gehou, insluitende ek, wat in die grafiese-ontwerp departement gewerk het. Blykbaar het hy my ook raakgesien, maar het gedink dat ek uit sy liga was. Ek het, baie ongewoon vir my, eintlik eers na hom uitgereik, deur grappige “memes” vir hom te e-pos … en die res is geskiedenis.
Hoe het julle verloof geraak?
James het my na ʼn afgesonderde strand in Kaappunt geneem. Ek het besef dat hy ‘n bietjie onrustig optree. Hy het ʼn afgesonderde plek gekies en vir my gesê dat hy ʼn foto van my wil neem wat oor die waters kyk. Toe ek weer omdraai, was hy op sy knie, met ʼn ring en ʼn bottel sjampanje. Van daar af het ons Cape Point Vineyards toe gegaan, waar ons kaas, wyn en sonskyn geniet het. Ons het nog nie vir enige iemand ons nuus vertel nie, en ek is so bly dat ons daardie paar ure saam gehad het as die enigste twee mense wat geweet het dat ons op vir ewig besluit het.
Hoe het julle die venue gekies?
Ek en James het geweet dat ons dit êrens buite die stad wou hê – in ʼn pragtige natuurlike omgewing wat ons liefde vir die buitelug weerspieël, maar wat steeds die fasiliteite het om ʼn funksie aan te bied. Ons het maande lank gesukkel om iets te vind wat by ons begroting pas en wat ook soos ons as ‘n paartjie voel. Ons het al begin moedeloos raak. Ek het op Rhebokskloof afgekom, en ons het eendag ʼn rit soontoe geneem en ons het absoluut verlief geraak! Ons het byna dadelik geweet dat ons Dié Een gevind het, en kon skaars glo hoe bekostigbaar dit was!
Wat was die inspirasie vir jul dekor keuses?
Ek is ʼn hippie van hart, en ons het albei ʼn ontspanne, onverskillige styl, so dit kon net ‘n boheemse troue wees – met hout, blomkrone, droomvangers en macramé. Ons het ʼn bietjie meer van ons persoonlikhede, en ons liefde vir die Afrika-bosveld, uitgebeeld met vetplante en Afrika-diere details in die dekor. James se enigste versoek was dat dit kleurvol was, dit het my perfek geskik omdat ek nooit net op een of twee kleure sou kon besluit het nie! Opus Studio het die wonderlikste werk met die blomme gedoen om by die blink en kleurvolle gevoel te voeg.
Hoe het julle op die ringe besluit?
James het my ring gemaak, wat baie dapper was omdat ek so ʼn perfeksionis is! Maar ek is mal daaroor! Ek het geweet ek wou roos goud en ʼn peervormige steen hê, maar kon nie op die klip besluit nie. Terwyl ek nie kon dink nie, was hy reeds besig om my pragtige aquamaryn-ring te maak. Om so ʼn buitelug-man te wees, was die enigste ring vir James ʼn hout een. Ek het die perfekte hout pant gevind met ʼn titanium-inset aanlyn.
Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag?
Andrea: “Wanneer ek die gang afloop na James toe met die pragtige woorde van “Jess’ song” deur Matthew Mole wat in die agtergrond gespeel het. Na al die waansin wat tot by die troue gelei, het die tyd uiteindelik stadig vir hierdie oomblik geloop en ek kon uiteindelik ontspan in die geluk van die oomblik en die gelukkige realiteit van wat gebeur.”
James: “Toe ek vir die eerste keer my pragtige bruid wat na my loop, sien. Asook ons eerste dans – buite, omring deur vonkel-liggies. Dit was pret!”
Vertel ons meer oor jul fotograaf
Die fotografie was een van die mees belangrikste vir my, so ek het baie tyd bestee aan die vergelyking van elke portefeulje wat ek kon vind. Coba se fotografie het dadelik uit vir ons uitgestaan as lewendige, kleurvol en natuurlik. En ek kon nie nog gelukkiger wees met ons besluit nie. Haar vriendelike en kalmerende houding, sowel as haar professionaliteit, het ons op die dag heeltemal gemaklik laat voel. Sy was ook baie nuttig in die hele proses – van die perfekte plek vir ons verlowing fotosessie voor te stel, om dié tyd te neem om advies te gee en voorstelle te maak oor ons trou-tydlyn.
Wat sou julle verander indien moontlik?
Ek sou vroeër begin beplan het, sodat alles goed voor skedule uitgesorteer was. Ek het dit geniet om die al die self-doen elemente te maak; en met my familie se hulp met klein besonderhede, het almal meer betrokke geraak, wat wonderlik was, maar dit het ook ʼn bietjie ekstra, onnodige spanning op my gesit. Ek dink dat iemand om te koördineer en alles op die dae wat tot die troue gelei het, wonderlik sou wees!
Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou?
Ons totale begroting was sowat R80 000. Ek weet nie wat die finale koste was nie, maar ek weet ons het nie te veel oorgegaan. Ons het ʼn begroting vasgestel vir die groot dinge wat ons nie bereid was om oor te gaan nie, en afgesien van daardie, was ons enigste reël om nie in die skuld vir enigiets met betrekking tot die troue te gaan nie. As ons nie die geld gehad het nie, kon ons dit nie spandeer nie. Ons het dus baie streng op ons daaglikse lewens-onkostes gewerk om te spaar wat ons nodig gehad het vir wat ons wou hê. Baie van die dekor en ook die gedrukte elemente wat ek self gedoen het, het ons ook geld bespaar.
Was julle met wittebrood gewees?
Ons het vir twee weke na Bali toe gegaan en het die wonderlikste tyd gehad! Ons het die eerste drie nagte se verblyf voor-af geboek, en van toe af het ons bespreek soos ons gegaan het. Dit het ons baie meer vryheid gegee om ons bestemming te verken (en wat Google ons aangeraai het). Die kos is heerlik, die mense is so vriendelik en die land is net vol van die ongelooflikste natuurskoon en ryk kultuur. Om ʼn bietjie ekstra opwinding by te voeg, was ons daar toe die vulkaan-skrik plaasgevind het. Ons was die laaste vlug voordat hulle alle vlugte in en uit die eiland tydelik gekanselleer het. Ons was baie gelukkig!
- Trouvenue: Rhebokskloof
- Platejoggie: DJ Pepe
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Coba Photography
- Koek: Homeleigh Kitchen (Leigh Hobson)
- Trourok: Magda Grove Creations
- Skryfbehoeftes: Bride (Andi Adams)
- Strooimeisie rok: Black Velvet
- Grimering: Skoonlief
- Hare: Inspired Touch Hair Studio
- Dekor en Blomme:Opus studio
- Dekor: Bruid en Familie
- Ringe: Bruid – Lehman & Holgate, Bruidegom: Woood
- Bruid Toga: Laceblossom
- Strooimeisie Toga’s: The Armoire
- Bruidegom kentekens: JCClick