Danie & Marilize se buitelug verlowing fotosessie

Danie en Marilize  se verlowings fotosessie is nie net pragtig nie, maar ook prettig.  Die paartjie lyk alte fraai met hul lengte verskil en kan beide nie wag om die res van hul lewens saam te spandeer nie. In die artikel vertel die twee ons meer oor hoe hulle mekaar werklik “ontmoet” het, al het hulle al eintlik lank van mekaar geweet.  Hul verlowings storie word ook vertel en wys ook vir ander kêrels hoeveel moeite mens kan doen vir hierdie spesiale geleentheid.  Wees ook seker om te kyk tot heel aan die einde om meer van die prettige geel-muur foto’s te sien.

Hoe het julle mekaar ontmoet en wat maak jul aangetrokke tot mekaar?


Ons is altwee van die Overberg, ons was in dieselfde skool, maar het eers na skool mekaar werklik “ontmoet”. Ek was saam met my vriendinne die aand uit gewees na ‘n dans plek en Danie was saam met sy vriende, maar almal ken mekaar van skool dae af so dan kuier mens altyd saam. Ons het mekaar net dadelik verstaan en was van daardie dag af elke naweek bymekaar. Ek het toe nog studeer in die Kaap en Danie was in Bredasdorp.

Danie maak my lag soos niemand my kan laat lag nie, ons speel soos kinders, en bowenals is ons mekaar se beste vriende. Hy het soveel liefde in sy klein hartjie om vir mense te gee, ek dank die Here elke dag vir dit wat ons het.

Marilize was die mooiste en vriendelikste mens wat ek al ooit ontmoet het. Ek het nie gaan soek vir iemand spesiaal daardie aand nie, maar ons het net “geclick” van dag een af. Sy sien goed in my raak wat ek nie eers geglo het daar kan wees nie

Hoe het julle verloof geraak?


Ons het net Paarl toe getrek van Stellenbosch af. Hy het my kom haal by die werk en toe ek by die kar uitklim was daar Sonneblomme met ‘n briefie op elke blom, neergelê tot binne die huis. Elke briefie het hy beskryf hoekom hy my kies en die laaste een het gelees “ek sal jou hierdie een self vra” en toe op sy knee gegaan. Hy het genoem ons gaan iets gaan eet by Noop na die tyd min wetend toe ek daar inloop was al ons vriende daar.  Dit was werklik een van daai betowerende oomblikke in my lewe.

Was was die inspirasie vir die fotosessie?


Nikkie, die fotograaf, was die brein agter dit. Ek het haar net genoem ons hou van buite wees, ek is gek oor blomme en om in die natuur te wees. Sy het die laaste stukkie met die geel muur vir bietjie pret bygevoeg en ek is mal daaroor. Sy maak mens so gemaklik voel en behalwe haar talent vir fotografie, het sy soveel passie daarvoor.

Vertel ons wat is jul droom troue?


Ons droom troue is net om saam met al ons mense te wees en die liefde te feesvier. Ons wil hê elke persoon wat daar is moet wegloop en sê “ek sal dit nooit vergeet nie” .

[section=Klik hier vir diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

[endsection]