Die wen-paartjie loop weg met ‘n verlowings fotosessie ter waarde van R 2 500.00 van Dust and Dreams Photography. Dit sluit ‘n uur fotosessie, tien 5×7” Fyn-kuns afdrukke & 60-70 hi-res geredigeer foto’s in.
Baie geluk Elna Potgieter
Termes en Bepalings:
- Jy sal ons maandelikse nuusbrief ontvang indien jy opteken vir die kompetisie. Ons deel nie jou informasie met enige iemand nie. Dit is slegs vir kommunikasie tussen jouself en Mooi Troues.
- Inskrywings sluit 15 Mei 2018. Die wenner word 20 Mei 2018 op die webblad aangekondig.
- Mooi Troues bemark die kompetisie namens die verskaffer. Ons kan nie verantwoordelik gehou word vir enige eise, navrae en/of die eis van die prys nie.
- Die prys kan nie verruil word vir kontant nie en/of enige ander produkte of dienste nie.
- Die prys is onderhewig aan beskikbaarheid en mag slegs geboek word gedurende die volgende maande: Mei, Junie en Julie 2018 of Mei, Junie en Julie 2019.
- Prys sluit nie Dust & Dreams Photography se reiskostes na die fotosessies in nie.
- Enige fooie betaalbaar aan die gekose venue (sou julle besluit om julle sessie by ‘n venue te hou) is betaalbaar deur die paartjie self en is nie ingesluit in die prys nie.
- Die wen-paartjie moet Dust & Dreams Photography kontak om ‘n datum vir hulle fotosessie te bespreek. Die datums is onderhewig aan beskikbaarheid.
- Oop vir alle paartjies in Gauteng & Mpumalanga.
- Foto’s in die artikel is slegs vir voorbeeld doeleindes. Die prys wat jy sal wen, sal nie noodwendig presies dieselfde lyk nie.
- Enige skendings op poging om enige van die termes en bepalings te skend sal lei tot onmiddellike diskwalifikasie van enige oortreder. Dit kan lei tot die herroeping van die prys deur die bemarkers.
- Indien die kompetisie nie in staat is om voort te gaan soos beplan nie, sal Mooi Troues geregtig wees op hul uitsluitlike diskresie om die kompetisie te kanselleer. Die kompetisie kan hervat word van begin af op dieselfde of soortgelyke voorwaardes as hierdie.