Pieter & Shariska se verlowing

Hierdie gelukkige paartjie se humor en grappies tussen mekaar is sigbaar in die foto’s en ons kan net dink watse makietie die twee se troudag gaan wees die jaar Junie-maand.  Hulle foto’s is geneem tydens die befaamde “Golden Hour” waarvan fotograwe nie genoeg kan kry nie, hou beslis hierdie ingedagte wanneer jy jou fotosessie beplan.  Die paartjie het slim gedink en ‘n piekniek mandjie gepak met sjampanje om te geniet tydens en na die fotosessie, want met ‘n omgewing so mooi rondom jou, moet jy ‘n tydjie neem om te ontspan en die prag in te neem.  Kyk onder om meer van die pragtige paartjie en hul foto’s te sien.

Vertel ons van jul ontmoeting en die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het?


Ons het mekaar in 2011 vir die eerste keer onder oë gekry. Na vele laat nagte van Facebook, Mxit en oproepe het ons besluit dat dit nou moet verander in koffie en skemerkelkies. Twee dae na die ontmoeting is daar vir my gesê dat dit nou so is, en dat ek nou syne is. Presies sewe jaar later op 7 Julie 2018 staan ons voor die kansel om vir altyd beste maatjies te wees. Ons deel dieselfde belangstellings, waardes, avontuurlustigheid en sin vir humor, daarom is ligsinnigheid en grappies aan die orde van die dag.  Elke dag.

Vertel ons meer van julle verlowing


Pieter het my asem weggeslaan met die groot verrassing.  Shariska het na 6 jaar begin nuuskierig raak oor wanneer dit nou die regte tyd sal wees.  Ek het haar om die bos gelei en laat verstaan dat dit nie binnekort sal wees nie.  Daarom het sy geen vermoede gehad nie.  Die geluk was aan my kant.  Ek geweet het wat haar ring grote is en kon die perfekte ring laat ontwerp en maak het.  Met fyn beplanning en gekonkel het ek op ‘n wildsplaas in Beaufort-Wes op een knie vir haar verras met “die regte tyd”.

Vertel ons die inspirasie agter die verlowing fotosessie?


Ons albei is baie lief vir die natuur en buitelewe.  Tertius was deel van die gekonkel en het gesorg vir ‘n paar pragtige informele foto’s op die wildsplaas die dag van die verlowing.  Ons is bevoorreg om vriende te hê met ‘n pragtige wyn-en-vrugteplaas in Stellenbosch, waar die formele fotosessie plaasgevind het.  Die tydsberekening was perfek met die bloeisels aan die pruimbome en die groen wingerde.  Ek het dit goed gedink om haar gedurende die fotosessie weer te verras met ‘n romantiese piekniek.  Ons was ook baie gelukkig met die weer wat saam gespeel het.

Vertel ons wat is jul droom troue?


Ons is albei sosiale vlinders dus is ons vriende en familie baie belangrik vir ons.  Ons idee van ‘n droom troue is een waar almal deel kan wees van ons spesiale dag.  Ons is baie gesellige mense, daarom moet die troue dit weerspieël met smaaklike kos, goeie wyn en die beste musiek.  Met daardie drie dinge in plek, sal dit verseker een groot partytjie wees wat ons vir altyd sal onthou.  Die foto’s vang al hierdie spesiale oomblikke vas en daarom is ‘n goeie fotograaf ook vir ons belangrik.

[section=Klik hier vir diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

  • Fotograaf: Tertius Gous Photography
  • Hare en grimering: self
  • Plek: Branddoorns, Beaufort-Wes en Waterkloof, Stellenbosch

[endsection]