Die verlowing fotosessie van Iwan en Theonette sal vol inspirasie wees vir paartjies wat vir die stedelike gevoel wil gaan. Die beton-oerwoud van Braamfontein in Gauteng het gesorg vir die perfekte agtergrond. Ons kan sien die paartjie is in hul element. Die fotograaf het sy taak welgedaan met die speel van lig. Geniet die foto’s en dink sommer aan ‘n plek in die stad naaste aan julle om ook iets soortgelyk te doen.
Vertel ons hoe het julle ontmoet
Ons eerste afspraak was by ʼn lieflike Italiaanse restaurant. Die tipe wat vir generasies deur dieselfde familie besit en bestuur was. Ons is albei mal oor Italiaanse kos, so ons was “af na ‘n goeie begin”. Soos enige eerste afspraak was dit so klein bietjie vreemd, maar na nie te lank nie het die ure verby gevloei in gesprek. Dit was duidelik dat daar van toe al ʼn konneksie gevorm het. Dit is iets wat nog nooit vervaag het nie.
Vertel ons hoe het julle verloof geraak?
Hierdie punt is geskryf van Iwan se perspektief af: Theonette het my vir my 30ste verjaarsdag verras met ʼn verrassingspartytjie by presies dieselfde restaurant waar ons eerste afspraak was, min-wetend dat ek so amper dit ook gekies het om haar te vra die volgende aand. My oom verskaf water aan die luukse restaurant Signature in Sandton en ek was bewus dat sy altyd nog dit wou probeer het. So ek het ʼn storie opgemaak dat een van my goeie kliënte (wat ook in was op die spel) my en haar wou uitvat vir my verjaarsdag na Signature, om saam te vier en die aand te geniet.
Die middag voor die aandete moes ek met die kelner koördineer om die ring presies op die regte tyd uit te bring en die orkes om die regte lied presies op die regte tyd te sing. Ons het toe uitgegaan om my “kliënte te gaan ontmoet” by die deftige restaurant. Toe ek ʼn SMS kry dat hulle dit nie gaan maak nie, besluit ons om maar voorgereg te bestel. Die plan was om die voorgereg uit te bring met ʼn verlowings ring, maar Theonette het my toe ʼn “kurwe bal” gegooi deur nie ‘n voorgereg te bestel nie. Toe die bord met die silwer koepel voor haar neergesit was, het sy sommer dadelik aangedring dis nie hare nie. Toe ek aandring nee, dit is vir jou, het sy agter gekom iets is aan die gaan.
Die kelner het die deksel gelig met die ring daarin, ek het voor die vol bespreekte restaurant op my knieë gegaan. Ek het heeltemal my versigtige woorde wat ek neergeskryf het, vergeet in angs. Ek het net gesê wat op my hart was. Sy het ja gesê! Die orkes het gespeel en boonop alles het my oom skelm voor die tyd gereël dat ʼn bottel sjampanje by ons tafel bedien word na die vraag. Dit was mooi ek was nog nooit so bly in my lewe nie! Ek sal altyd terug dink aan daardie aand met ʼn gevoel van avontuur, liefde en die beste antwoord wat ek nog ooit gekry het. Almal in die restaurant het vir ons hande geklap en ons was altwee dronk van emosie in die oomblik.
Vertel ons die inspirasie agter die verlowing fotosessie?
Ons is albei eintlik introverte, so ʼn verlowing foto sessie was nie een van ons se idee nie. Een van Theonette se wonderlike vriendinne het dit vir ons as geskenk gegee. Ons kan natuurlik nie nee vir ʼn geskenk sê nie!
Ons het twee opsies gehad: Natuur of Stad. Theonette het al verskeie kere Iwan se bos besoeke verduur, so ons het gevoel ʼn Stad fotosessie sal ʼn spesiale opsie vir Theonette wees. Ons was glad nie teleurgesteld nie. Rozier het die voorstel gemaak om die Neighbourhoods Market in Braamfontein te gebruik vir ʼn agtergrond. Vroeg oggend, die strate nog stil tussen die massiewe geboue.
Die oggend fotosessie was maklik. Dit was nie so styf soos wat ons gedink het nie en die oomblikke was heel spontaan. Die resultaat was beter as wat ons ooit kon dink. Daar is oomblikke tussen ons gevang wat ons nou vir altyd kan hou. Oomblikke wat ander mensie nie het nie; Oomblikke wat net ons sin is vir ewig.
Vertel ons van jul droom troue?
Theonette is nie die tipe wat droom oor wit trourokke en blomme meisies nie. Om ʼn droom troue te probeer op dink het was nogal moeilik. Ons is albei ontwerpers en dit bedoel ons wil albei iets baie spesiaals hê wat gaan anders en onthoubaar wees vir ons.
Ons weet nog nie of ons, ons “droom troue” kan vasheg nie, maar die grootste droom is om ons naaste mense daar te hê om te getuie dat ons vir mekaar lief is en sal lief hê vir die res van ons lewes.
Dit gesê, ʼn droom troue kort altyd goeie musiek. Ons loop ʼn fyn balans tussen tradisioneel en modern, terwyl ons elkeen ons eie persoonlikheid wil toe leef. Ek en Iwan het ook besluit om een lang tafel (soos die Middeleeue) te hê in plaas van aparte tafels, met ʼn winter troue tema, en baie kerslig, probeer ons dit klein en intiem hou. Ons totale gaste getal is minder as 70 mense. (Wel, klein vir ons )
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Okay Deer
- Plek: Neighbourgoods Market, POST coffee shop, Father Coffee Shop