ʼn Eg Suid-Afrikaans geïnspireerde fotosessie

Tydens die fotosessie is eg Suid-Afrikaanse elemente gebruik soos die Strelitzia-blom en selfs plaaslike diere soos Nguni beeste wat ook te sien is.  Die blomme kan maklik gebruik word tydens jou troue terwyl elemente soos die beeste subtiel in meubelstukke en matte ingewerk kan word.  Die omgewing se kleure soos die roesbruin grond kan weer as tema kleur gebruik word tesame met goud vir iets meer formeel en blink of swart en olyfgroen vir ‘n natuurlike voorkoms.

Baie bruide kla oor hul voete wat nerfaf gedans is in daardie oormagtige hakskoene teen die einde van die aand, hier word eenvoudige en vroulike velskoentjies gewys as ‘n alternatief vir bruide wat nie bang is om weg te skram van die tradisionele hakskoene nie en eerder wil fokus op ‘n aand om te geniet in gemak.  Loer gerus onder om meer te sien van die unieke fotosessie en jou Blou-Maandag op te kikker.

Wie het die fotosessie gereël?


Elri Pollard het die fotosessie gereël.

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Vir hul vermoë om buite die boks te dink en hul toegewydheid om ‘n kwaliteit produk te lewer waarop elkeen van ons kan trots wees.  Dis belangrik om ‘n span te kies wat saam met jou opgewonde raak oor idees en al die verskillende moontlikhede, en wat dan praktiese planne kan uitdink om dit te laat realiseer!

Wat was die inspirasie agter die fotosessie?


Ek het op die rok afgekom meer as ‘n jaar gelede, dadelik daarop verlief geraak en net geweet dat ek ‘n fotosessie met dié rok aanmekaar moet sit!  Ek het soveel idees gehad, maar op die ou end het ek die goue draad gevind in die uniekheid van die rok, en die uniekheid van Suid-Afrika… Dis rou, eerlik, divers en enig in sy soort!

Wat was vir jou die spesiaalste deel van die fotosessie?


Om te sien hoe elkeen geniet om te doen waarmee sy goed is om op die ou end ‘n groter prentjie te vul.  Die vriendskapsbande wat vorm tussen verskeie diensverskaffers in die trou-industrie bly vir my uniek en spesiaal.

Wat is jou advies aan paartjies wat die tema sou wou volg?


Gebruik rou en ‘eerlike’ materiale en teksture vir hierdie voorkoms. Ons het gebruik gemaak van sement, koper, hout, leer en eg Suid Afrikaanse plante en blomme.  Kies verskaffers wat kreatief en buite die boks kan dink.  “Troue hou” beteken nie noodwendig kristal en hoë-hakke nie…  Die belangrikste van alles is om getrou aan jou unieke persoonlikheid en styl te bly.

[section=Klik hier vir diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

[endsection]