Adri en Gerju se troue in die wynland was ʼn pragtige viering van hul liefde en saamwees. Die twee het sommer van die begin af goed beplan en kommunikeer wat die dag net ekstra spesiaal vir hulle kon maak – goeie kommunikasie is een van die wenke wat die paartjie aan al die paartjies gee wat ook troue beplan nou.
Adri het klassiek en gemaklik gelyk in ʼn ongelooflike trourok wat aangevul is met die klassieke rooi-lip en skoon grimering, iets wat steeds oor baie jare elegant en mooi gaan wees.
Die pragtige trou venue Leipzig Country House & Conference Centre is op die R60 tussen Worcester en Robertson in die pragtige Nuy Vallei geleë. Die hoof trou venue met sy wyn bevlekte mure is ʼn eeue oue wynkelder. Seremonies kan op die gras voor die Kaap Hollandse hoof huis gehou word. Die plaas beskik ook akkommodasie vir 46 gaste. Hul het ook hul eie sjef-span wat na al jou spyseniering behoeftes kan omsien en bied op die dag koördinering om enige stres te vermy. ʼn Een-stop trou venue waar jul die hele naweek kan makietie.
Hul dag se trou dekor het ʼn rustieke invloed gehad wat nie net uitgebeeld is in die blomme nie, maar ook sigbaar is in die strooimeisies-rokke en leer skoentjies wat hul gedra het.
Die trou fotograaf het die paartjies pragtig vasgevang en pas so mooi in by die styl van die dag – beslis die regte keuse vir jou as jy ʼn soortgelyke gevoel by jou troue wil vasvang! Ons hoop werklik julle voel net so geïnspireer deur die troue as ons geniet dit en lees al die slim raad wat die twee aan toekomstige getroudes gee.
Wat was die datum van jul troue en hoe oud was julle?
Dit was op die 16de Desember 2017. Adri was 24 jaar oud en Gerju 25.
Vertel ons hoe het julle ontmoet?
Ons het ontmoet deur gemeenskaplike vriende by ‘n “speletjies-aand.” Ons moes in spanne op verdeel en toe beland ek en Gerju in dieselfde span. Ons het so baie vir mekaar gelag en net die tyd saam geniet. Dit som ons verhouding baie goed op. Gerju is my beste vriend, hy is snaaks, intelligent en baie nederig. Gerju sê weer dat ek baie snaaks is, dit geniet om te speel, en weet hoe baie ek van die Here afhanklik is.
Wat was die styl van jul troue?
Die styl van ons troue was klassiek gemeng met rustieke elemente. Ons het neutrale, warm kleure gebruik as ons agtergrond. Om ‘n atmosfeer van vreugde en feesviering te skep het ons vrolike kleure soos perske, salm en room inkorporeer in die blomme, my strooimeisies se rokkies en die strooijonkers se strikdassies.
Hoekom het julle die venue gekies?
Ons troue was by Leipzig Country House. Die pragtige onthaal areas was omskep uit ou wynkelders en die venue is omring deur berge, wingerde en olyfboorde. Hul diens is uitstekend; hulle het alles in hul vermoë gedoen om ons en ons geliefdes te akkomodeer en dit ‘n onvergeetlike naweek te maak!
Vertel ons van jul wittebrood
Ons wittebrood het bestaan uit twee dele. Ons was eers na Oceana Beach and Wildlife Reserve waar ons bederf was met heerlike etes, baie nodige rus, game drives en pieknieks op die strand. Die tweede gedeelte van ons wittebrood het ons by The Fernery in Tsitsikamma spandeer. Ons het ‘n punt daarvan gemaak om die omliggende area te gaan ontdek. Dit het ons gelei na verskeie stap roetes, oulike koffiewinkels en beste van alles; na ‘n kayak en lilo toer in die Stormsriviermond, wat ons aanbeveel vir almal! Dis ‘n tyd wat ons nooit sal vergeet nie en net oor en oor wil beleef!
Wat is jul advies aan ander paartjies wat nou hul troue beplan?
‘n Groot gedeelte van die beplanning bestaan uit kommunikasie met jou verloofde, met jou familie, en jou diensverskaffers. Handel al die groot elemente soos datums, gastelys, fotograaf, blomme, musiek ensovoorts so gou moontlik af. Moenie kommer oor die fyner details van die dag nie en skep gesonde verwagtinge. Onrealistiese verwagtinge veroorsaak net teleurstelling. Moenie bekommerd wees oor enigiets op die dag nie, geniet elke oomblik. Ons het dit vroeg toegepas en ons troudag was werklik die beste dag van ons lewens! Die fokus was nie op die dinge van die wêreld nie, maar eerder op ons Skepper, mekaar en ons geliefdes!
Hoeveel gaste was by jul troue ?
Ons het ʼn 103 gaste gehad op die dag.
- Trou Venue: Leipzig Country House & Conference Centre
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Cilliers Visser Photography
- Trou Rok: Christel Geldenhuys Creations
- Bruid Grimering + hare: Prentjie Mooi Grimering (Lourene Botes)
- Musiek: The Party Technician