Minette en Stephen se groot dag was ʼn romantiese geleentheid gevul met sagte pienk kleure en ʼn gevoel van liefde in die lug. Die ligpienk aksente en vroulike details soos die kristal sjampanje glase vir die vooraf gereedmaak-sessie laat jou dink aan ʼn prinses se groot dag. Die twee gee onder slim raad oor hoe om jou diensverskaffers te kies en vertel ook mooi oor hoe hulle die venue gekies het wat hul dag perfek afgerond het. Hulle het meestal ʼn wit kleur-palet gevolg en kleur deur hul blomme aangebring asook die ekstra groot wit blomme wat ʼn treffende stelling gemaak het. Hierdie is beslis die troue waarvan jy sal hou as jy hou van eenvoud met ʼn tikkie vroulikheid.
Hoe het julle ontmoet?
Ek het as ʼn onderwyseres in Saudi Arabië gewerk. Na 3 jaar was ek reg om huis toe te kom, en ek was ook toe reg om my lewens maat te ontmoet. Ek het besluit om by ʼn “internet kletskamer” webwerf aan te sluit. ʼn Paar dae later het ek ʼn boodskap van Stephen af gekry. Ons het begin gesels, nommers uit geruil, en soos hulle sê, die koeël was deur die kerk. Vir 8 lang weke het ons gesels, voor ek weer terug gekom het vir somer vakansie. Ons eerste afspraak het begin met ʼn ontbyt, en later die aand geëindig met ʼn bottel rooi wyn of twee.
Wat was die styl van jul troue?
Ons is nie mense vir fieterjasies nie, so ons wou dit skoon hou met wit, glas, kristal en dan kleur gee met ons blomme. Ons het na ʼn paar venues gaan kyk, maar het verlief geraak op Whispering Thorns se grasperke en die uitsig was ʼn bonus. Die eienaar van ons venue, Marinda, het ons so baie gehelp sodat geen detail uit gelaat was nie.
Was jul met wittebrood gewees?
Ons het besluit om hierdie jaar eers op wittebrood te gaan, vir ons eerste huweliks-herdenking, maar ons was bevoorreg om saam met vriende op ʼn “buddymoon” na die Sabi Sands toe te gaan. Ons het soveel pret gehad. Dit het gevoel of ons die hele week lank fees vier.
Wat sou jul wil verander as jul kon?
Ons sal absoluut niks wil verander aan ons troue nie en sal tot weer die koue weer vat. As ek iets kon verander, sou ek meer ure in die dag wou hê om die dag langer te kon geniet.
Wat was die datum van jul troue en hoe oud was julle op die dag?
Ons het die 1ste Oktober 2016 getrou. Ons was albei 33 toe ons getrou het.
Watter advies het julle aan ander paartjies wat troue beplan?
Advies wat ons aan ander paartjies kan gee, is “don’t sweat the small stuff”. As iets verkeerd gaan, gaan net julle wat die dag beplan het daarvan weet.
Spandeer geld op die belangrike goed. ʼn Goeie fotograaf, want na jou troue is fotos al wat jy het, ʼn bloemis wat elke troue wat sy doen die mooiste wil maak, asook met nuwe idees en style vorendag kom. ʼn Platejoggie speel ook ʼn belangrike rol, omdat hy die partytjie aan die gang moet kry.
Gaste onthou ook hoe lekker die kos was, so maak seker dat julle gelukkig is met die spyseniers. Onthou dit is julle dag, so moet nie dat mense julle forseer in besluite in nie.
Laastens geniet elke oomblik, die dag vlieg werklik om. Vat ʼn paar minute alleen saam en neem net alles in.
Wat was jul begroting vir jul troue?
Dit is moeilik om ʼn begroting op te stel, veral voor jy weet wat die pryse van als is. Ons het probeer spaar waar ons kon, soos om nie geskenkies vir die 120 gaste gegee nie. Die troue se begroting was op die uiteinde rondom R200 000.
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf : Rensche Mari Photography
- Bloemis: Lush Floral signature Style
- Videograaf: First Kiss Videography
- Trou rok: Enzoani
- Strooimeisie rokke: SilverSwallow Design
- Trou pak en strooi jonkers se klere: Nevills in Nelspruit
- Grimeer kunstenaar: Cindy at Beauty Box
- Venue: Whispering Thorns