Ons deel vandag met julle die super verliefde paartjie, Toni en Gerbrandt se pragtige verlowing foto’s wat Lindy Kriek afgeneem het. Soos hulle se ʼn foto praat ʼn duisend woorde. Ons is absoluut verlief op Toni en Gerbrant se pragtige verlowing foto’s van spierwit en pienk gemengde bloeisels tot oop landgoed en dan ʼn baie opgewekte en baie oulike kussing geveg met vere wat die hele plek vol vlieg. As dit na jou soort verliefde storie klink dan is die verlowing sessie inspirasie definitief vir jou bedoel. Ons kan nie meer klem daarop le dat jy net jou verlowing sessie moet geniet nie en wees net jouself.
Hoe het jul verloof geraak?
Gerbrandt het my heeltemal verras op sy verjaarsdag! Ek weet hy geniet nie aandag op sy verjaarsdag nie, dus het ek hom eenvoudig uitgeneem vir ete by een van ons gunsteling “agterstraat” restaurantjies in Kaapstad. Daarna het ek gaan slaap, terwyl hy nog “gewerk” het. Later maak hy my wakker met kerse oral in my woonstel. Hy is op sy knieë op my balkon…boksie in hand. Na ‘n paar mooi woorde, ʼn ja, ʼn paar trane en die mooiste brief, sit ons met ʼn glasie vonkelwyn en gesels oor ons opwindende toekoms. Intiem en perfek.
Wat is jul droom troue?
Ons is natuurmense en geheg aan ons familie en vriende. Dus het ons gehoop vir ʼn plekkie waar die natuur eintlik die dekor is, met genoeg plek vir baie gaste en ʼn dansvloer wat heel nag aan die gang kan bly. Die belangrikste is dat ons hierdie spesiale oomblik in ons lewens met ons vriende en familie kan deel.
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Lindy Kriek