‘n Wittebrood by Tsala Treetop Lodge

Tsala Treetop Lodge is geleë tussen Knysna en Plettenbergbaai.  Dit is seker een van die vyfster hotelle in Suid-Afrika met die beste uitsig!  Tsala Treetop Lodge is die perfekte luukse wittebrood plek vir paartjies wat opsoek is na iets anders as die gewone hotel verblyf.  Dit is die idilliese plek om jou wittebrood deur te bring, al boek jy net vir ‘n naweek of as jy wil ‘n week.

Ons bly in baie hotelle en ervaar verskillende vlakke van dienslewering van verskillende hotelle.  Tsala Treetop Lodge is definitief in ons top drie lys van dienslewering.

Ons besoek aan Tsala Treetop Lodge


Dit was ‘n vyf en half uur ry vanaf Kaapstad tot by Tsala Treetop Lodge.  Ons was so vriendelik en professioneel verwelkom dat ons skoon vergeet het van ons lang rit.  Ons het onmiddellik welkom gevoel en was gereed om te ontspan en ons tyd by hierdie unieke wegbreek plek te geniet.  Soos jy loop na die ontvangs is jy omring deur bome, plante en water.  Al wat jy hoor is die “tjirp” van die voëls.

Die Afrika geïnspireerde argitektuur en dekor en die gebou se hout, steun en glas struktuur gee vir jou daardie binne, buite gevoel en laat jou een voel met die natuur buite.  Hulle is vyfster gegradeer deur die Tourism Grading Council of South-Africa.

Die suites en villa’s


Hulle het 10 privaat suites wat een slaapkamer het en 6 villa’s wat twee slaapkamers het.  Al die suites en villa’s sluit in gratis Wi-Fi, kaggels, haardroër, kluis, handdoeke, pantoffels, sambrele, port, wasgoed en stryk dienste, volle mini-kroeg en tee, en koffie maak fasiliteite in.  Daar is ook ondervloer verhitting asook lugversorging.  Dit is net van die luukshede wat jy kry by Tsala Treetop Lodge.

Ons sal definitief die uitsig ook hierby sit, want nie alle hotelle kan sê hulle het so ‘n mooi uitsig nie.  In die hoofgebou is daar ook ‘n klein biblioteek as jy wil ontspan met ‘n boek.  Daar is ook ‘n klein geskenk winkel as jy opsoek is na ‘n geskenk of iets wat jou aan jou wittebrood by Tsala sal laat onthou.  Daar is baie buite areas onder die bome om te sit en ontspan.  Skop jou skoene uit en wees lekker gemaklik.

Ons gunsteling dele van Tsala Treetop Lodge


Ons het in Suite Nommer Een gebly.  Dit is ‘n vreeslike mooi en rustige plek! Jy loop op ‘n hout brug vanaf die ontvangs na jou Suite toe.  Daar was ook ‘n bottel wyn en vinger-happies om ons te verwelkom.  Klein besonderhede soos dit is wat ons wegbreek by Tsala Treetop Lodge ekstra spesiaal gemaak het.  Ons het sommer onmiddellik in ons swemklere gespring en in die swembad afgekoel met ‘n heerlike glas wyn en ‘n uitsig wat jy definitief nie elke dag sal sien nie.

Elke suite het ‘n privaat swembad en hout dek waar jy lekker in die son kan lê en boek lees of net die natuurlewe om jou geniet.

Ons suite het ‘n ruim leefarea gehad met ‘n groot balkon wat uitloop en oor die woud kyk voor jou.  Dit is iets wat jy slegs in persoon vir iemand kan verduidelik.  Dit is regtig soos iets uit ‘n sprokie.  In die leefarea is ‘n klein mini-kroeg waar jy al die nodige dinge het soos koffie, tee, melk, ketel, klein yskas en glase.  Die banke is so gemaklik en dit was heerlik om net agteroor te lê en net die mooi uitsig en stilte van die natuur in te neem.  Daar is ook ‘n kaggel met hout in die suite gewees, perfek vir ‘n winter wegbreek.

Die kamer het ‘n groot Koning grootte bed en het ‘n groot ruit wat ook uitkyk op die woud.  Dit voel amper of die kamer buite is, omdat dit glas om die hoek van die kamer vou.

Elke suite is baie privaat en jou voor dek waar die swembad geleë is, kan toemaak met ‘n hout hek vir ekstra privaatheid.

Vanuit die kamer loop jy in ‘n massiewe badkamer.  Dit het ‘n losstaande bad in die middel en die mooiste koper krane wat uit die donkerbruin houtvloere opstaan oor die bad.  Die gebruik van klip, glas en hout in die badkamer laat jou voel of jy in ‘n luukse boomhuis bad.  Jy het ook ‘n privaat buite-stort onder die bome in die buitelig.  Dit is definitief iets waarvan jy gebruik moet maak wanneer jy by Tsala Treetop Lodge kom ontspan.

Tsala Treetop Lodge is omring deur natuurlewe en vreeslik baie mooi bome wat jou somme onmiddellik in ‘n vakansie gevoel plaas.  Die lodge is egter steeds baie sentraal geleë en naby baie aktiwiteite wat jy in die area kan geniet.  Die Tuinroete in die algemeen is vreeslik mooi en het baie plekkies om en beleef.  Dit is lekker om een met die natuur te voel; Daar is min plekke soos die Tuinroete om dit te doen.

Ons het aandete geniet op ons eerste aan by Tsala Treetop Lodge.  Dit was ‘n lekker warm aand gewees en ons was bevoorreg om buite onder die bome te sit en die laaste bietjie van die sonsondergang te geniet.

Zinzi Restaurant


Op die plaas waar Tsala Treetop Lodge geleë is, wat deel is van Hunter Hotels is daar nog ‘n restaurant genoem Zinzi.  Ons het nie daar geëet nie, maar het wel na hulle spyskaart gaan kyk en dit het heerlik gelyk.  Op ons volgende besoek aan Plettenbergbaai sal ons definitief ‘n ete gaan geniet by Zinzi.  Dit kyk uit oor ‘n groen grasperk en pragtige dam.  Pak vir jou stapskoene in en geniet ‘n heerlike stappie op Hunter Hotels se gronde.  Geniet ook die verskillende plante en diere wat jy op jou pad sal sien.

Hunters Country House


Loer ook in by Hunters Country House as jy ‘n tydjie het.  Dit is hulle ander hotel wat ook stapafstand vanaf Tsala Treetop Lodge geleë is.

Artikel krediet: