Gloeiende bruid met ʼn gesonde vel artikel 2

Dit is so opwindend, om te dink oor ʼn paar maande is jy Mevrou!  Daniella van Adara Beauty Clinic weet presies hoe opwindend dit is om die ses maande merk te oorskry!  Daarom wil sy jou help om jou vel foto perfek vir jou groot dag te kry!  Jou perfekte trou-vel reis moet ʼn prettige aspek van die groot dag wees, aangesien dit ʼn groot transformasie is, soos gewigsverlies of die verandering van jou haarstyl.  Teen hierdie tyd moet jy reeds op die pad na perfekte trou-vel wees.  In hierdie inskrywing sal Daniella die gepaste behandelinge meer in diepte bespreek.  Ses maande voor jou groot dag… dit klink so ver in die toekoms, maar in vel gesondheid, is dit ongelooflik kort… so kom ons mors nie verder tyd nie!

Vel Sorg

As ʼn toekomstige bruid sal Daniella jou aanraai om so gou moontlik met salon behandelinge te begin.  Hierdie behandelinge sal help vir beide verouderde en problematiese vel-soorte, asook ʼn vel wat deur die omgewing beskadig is.  Die eerste behandeling op die lys kan enige verjongings behandeling wees.  Dit is ʼn goeie behandeling as jou vel onmiddellik ʼn hupstoot benodig en sal ook porie grootte verminder (dit sal jou vel gladder maak).

In hierdie 6 maande wat tot op jou groot dag lei, sal jy heel waarskynlik ook verlowings foto’s laat neem, daarom moet jou vel voortdurend in die beste kondisie moontlik wees!

Soos Daniella genoem het in die vorige webjoernaal, moet jy jou reeds ʼn gevestigde vel sorg regime godsdienstig volg!  As jy reeds `n tuis-versorgings reëling volg, sal jy die toestand van jou vel vinniger kan verbeter en makliker in stand kan hou.

Tesame met Adara Beauty Clinic se aanbevole behandelings, sal jy sommer vinnig gemaklik voel in jou eie vel.  Onthou ook om twee keer per week te “exfoliate”, dit sal verseker dat produkte en behandelinge die epidermale laag binnedring, dit klink verskriklik spoggerig, maar dit is net ʼn goeie manier om te sê dat die produkte onder die vel te werk sal gaan.

Liggaam Sorg

Vir die res van jou liggaam verkies Adara Beauty Clinic om ‘Home Spa’ produkte te gebruik.  Hierdie produkte maak dit so maklik om jou vel in die gemak van jou huis in stand te hou, en dit is ook baie goedkoper (almal weet troues is geen beursie se speelmaat nie).

Daniella kan nie genoeg beklemtoon hoe belangrik dit is om tyd te neem om te ontspan nie.  Die reis na jou groot dag moet pret en opwindend wees en jy moet tyd neem om jouself te versorg! ‘Home Spa’ produkte maak dit moontlik in die gemak van jou eie huis. Daniella sal aanbeveel om twee keer per week te skrop en dit op te volg met ʼn deeglike aanwending van bevogtigende lyfroom.

Haar Sorg

Tensy jy gelukkig genoeg is om ‘Au Naturale’ te kan gaan op jou trou dag, sal jy waarskynlik ʼn haarkapper besoek vir kleur behandelinge.  Daniella is een van daardie bruide wat so `n natuurlike muis-vaal haarkleur het, so ‘Au Naturale’ het nie vir haar gewerk nie.  Dus het Daniella kleur behandelinge ontvang en weet dat dit baie hard op jou hare kan wees.   Daarom is dit ook baie belangrik om jou hare gesond en sterk te hou.  Daniella sou aanraai dat jy een keer per maand ʼn natuurlike masker op jou hare doen, byvoorbeeld ʼn mayonnaise masker (dit is ʼn intense vog-masker) en dan kan jy ook ʼn salon behandeling gaan doen.  Daniella sal ook aanbeveel om jou haarkapper te raadpleeg oor watter haar-behandelings die beste geskik is vir jou hare.  My haar-feë het haar aanbeveel om proteïen gebaseerde produkte te gebruik om haar hare te beskerm teen die kleurproses.

Nael Sorg

Nael sorg hang meer af van persoonlike voorkeur, aangesien sommige bruide nie reg deur die jaar naels laat doen nie.  Hierdie bruide moet vir ʼn toetslopie gaan so maand voor jou groot dag.  Daniella hou egter daarvan om haar naels te alle tye gekleur en gemanikuurd te hou.  Daniella hou daarvan om haar naels oor die algemeen kort te hou, aangesien dit makliker is om mee te werk.  Dit hang alles egter af van die tipe bruid wat jy is.  As jy egter maandelikse nael behandelings ontvang, moet jy jou naels gesond hou.  Jy kan dit doen deur nie elke week nuwe produkte op jou naels te sit nie (een keer elke drie weke is genoeg), en probeer ook om weg te bly van harde produkte, soos akriel.  Daniella verkies om jel te gebruik, aangesien dit die mees voordelige manikuur behandeling is.

Interne Liggaam Sorg

Interne Liggaam Sorg gaan hand aan hand met alle eksterne sorg. As jy van binne gesond is, moet jy natuurlik van buite af gesond wees.  Om haar liggaam die beste sorg van binne te gee, glo Daniella aan foliensuur.  Dus, vir interne gesondheid sweer foliensuur.  Hou in gedagte dat u met ʼn professionele konsultant oor gepaste dosis moet konsulteer.  Daniella sal aanbeveel dat jy ook ʼn multi-vitamien begin gebruik, net om algemene interne dinge te versorg en om jou verstand helder en gesond te hou.

Wat jy eet is ook baie belangrik.  Die meeste bruide in hierdie stadium sal waarskynlik ʼn dieetplan op ʼn godsdienstige wyse volg.  Al wat Daniella kan sê is, onthou om jou liggaam te koester, moenie jouself uithonger of jou liggaam veronagsaam nie.  Ja, jy mag dalk aan die einde van die dag skraal wees, maar jy sal nie gesond wees nie.  Jy moet nie dieet nie, kyk net mooi na jouself.

Daniella hoop dat haar advies jou op enige manier kan help, groot of klein.  Onthou ook dat sy hierdie webjoernaal inskrywings uit haar eie ervaringe skryf.  Dus, sal nie alles wat sy in die ses maande tot op haar troudag gedoen het vir jou werk nie.  Dit kan egter as riglyn dien om jou groot dag te volmaak!

Artikel Krediet: