Erizna en George het getrou in een van ons land se mooiste plekkies, veral vir troues, Franschhoek. Dié paartjie het van die kleure wit en grys gebruik gemaak, wat ideaal was vir hul onthaal area. Die twee verliefdes se troufoto’s is beslis iets om na te kyk. Die gebruik van bloeisels en pragtige omgewing waarin die foto’s geneem is het gesorg vir ‘n sagte en natuurlike gevoel.
Die verlowing:
Ons was verlede Desember saam met George se ouers in Hartenbos. Een aand met sonsondergang, na ‘n groot gesukkel, het hy my saamgesleep na die hoof strand, want daar was klaarblyklik iets aan die gang. Daar gekom, het hy my met woorde in die sand gevra om met hom te trou.
Raad aan ander paartjies:
Dink “tydloos”, geniet elke oomblik en waardeer elke bietjie hulp wat jul kry! Ons troue was DIY van begin tot einde, familie en vriende het ingespring en gehelp, sonder hulle sou ons dag nie moontlik gewees het nie. My ma en ouma het selfs van die kos gemaak en my pa het van die dekor gemaak. Ons het die waarheid agter “Less is More” geleer. Ons het ook geleer dat mens iets tot in die fynste detail kan beplan, maar daar sal altyd onverwagse elemente sal wees wat sorg vir ‘n bietjie spanning aanvanklik, maar groot vermaak later!
Wat sou julle verander as julle kon?
Ons sal eet. Ons hoor by almal hoe ongelooflik lekker die kos was, maar daar was net nie tyd nie. Ons het opgestaan om die dansbaan te open en net nooit weer gesit nie. Dit was net te lekker om al ons mense onder een dak te hê!
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Leani Holmes Photography
- Videograaf: Pro Video Productions
- Musiek: Johan, DeeJays
- Grimering: Corlé Barnard
- Rok: Hanna-Mari van den Heever
- Venue: Franschhoek kelders