As ‘n stadmeisie het Charné nooit gedink dat sy ‘n boerseun sou trou nie, maar te danke aan ‘n gemeenskaplike vriendin, is Charné aan Werner voorgestel. Die vonke dadelik gespat tussen die twee! In die foto’s onder sien ons dat die paartjie se vuur nog sterk brand.
Vertel ons hoe het julle ontmoet?
Ek was n stads meisie wat Boksburg toe moes trek vir n goeie werkgeleentheid en hy was n Boer op Oranjeville. So het die meisie Alicia Mohr wat my naels begin doen het my begin uitvra oor stokperdjies ens. en toe besluit dat haar beste vriend Werner klink soos iemand saam wie ek lekker kan lag. So het ons begin gesels oor Whatsapp maar niks ernstig nie, tot die dag dat hulle my saam gevat het na Werner se plaas – Labuschagne Boerdery. Hy het natuurlik nie geweet ek kom saam nie, en daar klim hy uit die JCB met sy vuil boer klere en ruik na bees. Alhoewel hy vreeslik skaam gekry het was dit die oomblik wat die res van ons lewens saam begin het. Daai naweek was ‘n naweek van skoenlappers, baie lag en waar ons altwee ons harte verloor het.
Werner het die mooiste en sagste hart in die lewe. Hy maak altyd seker ek lag en wil net die beste vir my hê. Hy sien altyd die mooi in alles raak en is ongelooflik avontuurlustig.
Charné my vir is die mooiste meisie wat ek al ooit gesien het. Sy sit altyd anders mense bo haar en wil seker maak almal is goed en gelukkig. Sy het die oulikste lag en mooiste oë. Ek hou daarvan dat sy saam my die wêreld wil sien en niks is te klein of te groot om aan te pak nie.
Vertel ons meer van julle verlowing?
Ons was na my verloofde se Wildplaas toe in Thabazimbi vir Nuwejaar. Ek het gedink dit was net nog ‘n gewone dag in die bos. Ons altwee is ongelooflik lief vir die bos so dit sou natuurlik die beste plek gewees het om die groot vraag te vra. Na ontbyt die 31ste Desember 2016 het hy vinnig kamer toe gegaan, ek het natuurlik niks snaaks gedink nie en so rukkie later vra sy ma, en die plaas bestuurder my om saam met hulle te ry en wild te gaan kyk.
Soos ons by die eerste hek van die plaas kom lê daar ‘n boksie en ‘n blom, en binne die boksie was daar ‘n leidraad om tot by die volgende punt te kom. Ek het niks verwag nie aangesien ons herdenking ‘n paar dae vroeër was, dog ek net hy het iets romanties in die bos vir my gedoen. So kom ek by my derde leidraad en dit vat my tot ons gunsteling plek – Gemsbok pan. Dis waar hy my uitgevra het ook en ek my eerste bok geskiet het.
Soos ek daar kom staan daar ‘n groot wit bord wat lees – loop ons storie. Teen die bome langs was daar orals fotos van ons tye saam en ongelooflik baie herinneringe. So kom ek toe teen ‘n wit gordyn wat ek moes oopmaak om verder te kon gaan.
Soos ek deurloop staan my boog daar met roos blare om hom gelê en verder af was daar ‘n groot bord wat toegemaak was. Met natuurlik geen idee van wat aangaan nie staan ek met my boog in my hand en gereed om te skiet, tot ek hom sien agter die bord uitkom en die bedekking van die bord af haal. Toe staan daar baie groot – “Charné sal jy met my trou?”.
Ek kon nie eers behoorlik skiet nie, maar my pyl was deur die Ja blok. Om dit nog beter te maak het my my familie ook daar gehad om die spesiale dag saam met ons te geniet.
Vir ‘n meer romantiese verlowing sou ek nooit voor kon vra nie.
Vertel ons die inspirasie vir die verlowing fotosessie?
Ons wou ‘n meer formele verlowings fotosessie gehad het. Ons ongelooflike fotograaf het ons gehelp met die idees. Ek wou ‘n lang elegante rok met die groot bos blomme gehad het. Ons wou graag ons foto’s by ‘n venue neem waar daar verskillende tipe plekke was. Ons fotosessie was baie romanties; Die hele prentjie het só mooi uitgekom!
Vertel ons wat is jul droom troue?
Omrede ek ‘n stadsmeisie is en hy ‘n boerseun is, wil ons “die beste van albei wêrelde” hê. Ons soek die plaas gevoel maar nogsteeds ‘n stukkie paradys. Dit moet ‘n baie mooi en elegante troue wees, maar waar ons gaste gemaklik kan voel. Die kapel en die areas vir foto’s is die belangrikste vir my. Ons het altwee groot families en ‘n groot vriende kring. Ons wil dus ‘n groot troue hê saam al ons geliefdes.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: JC Click
- Hare: Maritza Taljaard
- Grimering: KarenB Makeup and Hair
- Rok: SilverSwallow Design
- Blomme: Bride in bloom