Trou Beplanning Advies Stap 12 van 12

Closeup of bride putting a wedding ring onto the groom's finger. Couple exchanging wedding rings.

Mooi Troues se lesers kan ons 12-stap trou beplanning advies reeks van artikels volg wat maandeliks op Mooi Troues gepubliseer sal word.  In hierdie advies artikels gee ons vir jou elke maand ʼn lys van items waaraan jy moet aandag gee.  Ons het die trou beplanning opgebreek in kleiner stukkies, sodat dit nie só oorweldigend is om alles op eenslag te lees nie.

Om ʼn troue te beplan is baie stresvol, veral as jy ʼn selfdoen troue wil hou.  Mooi Troues help jou om dit maklik en stresvry te doen met ons reeks opvolgende advies artikels.  Klik hier vir meer advies artikels.

Ons het die vorige keer die elfde van ons twaalf maande trou beplanning aftiklys gedeel.  Teen die tyd moes julle al meeste van jul trou diensverskaffer bespreek het.  Dinge behoort nou bietjie meer struktuur te kry en die vloei van die trou beplanning moet al meer aan die gang wees.

Hierdie artikels is slegs ʼn riglyn vir jou om te gebruik om jou troue minder stresvol te maak deur ʼn jaar voor die tyd al met die beplanning proses te begin.  Daar is paartjies wat daarvan hou om hulle troue in korter tydperke te doen, met bietjie meer stres.  Daar is niks fout daarmee nie.

Vir ons laaste artikel van ons 12-stap trou stap trou beplanning advies reeks, rol af.

Wat jul teen die tyd moes gedoen het:


As julle nog nie begin beplan het aan jul troue nie, moet nie stres nie, daar is altyd genoeg tyd.  Dit beteken net dat julle meer moet doen oor ʼn korter tydperk.  Dit is nie onmoontlik nie, julle sal net meer moet fokus en aandag gee aan julle trou beplanning proses.

Onder is ʼn riglyn van min of meer wat jul teen nou al moes gedoen het as julle ons 12 stap reeks volg:
  • Die Begroting moet nou al gefinaliseer wees, sodat jy weet waarop jy wat kan spandeer.
  • Trou Datum van julle troue.  Dit moet definitief al gefinaliseer wees.  Sonder ʼn datum kan julle niks bespreek nie.
  • Venue vir jul troue moet teen die tyd al gefinaliseer wees.  Onthou om jou deposito te betaal en ook die kontrak baie noukeurig deur te lees voordat julle dit teken.
  • Bekende Trou Diensverskaffers moet teen die tyd al bespreek wees.
  • Fotograwe en Videograwe moet nou al bespreek wees.
  • ʼn Idee hê van die dekor styl waarvan julle hou, asook die algehele styl van die troue.
  • Julle troue moet al verseker wees.
  • Finaliseer die gastelys van buitelandse gaste.
  • Finaliseer trourok keuses.
  • Finaliseer die bruidegom se pak.
  • Seremonie besonderhede bespreek.
  • Ontmoet met jul huweliksbevestiger.
  • Platejoggie, klank en musiek moet al bespreek wees.
  • Finaliseer verblyf opsies.
  • Maak kortlys van dekor items vir huur.
  • Finaliseer die troukoek.
  • Beplan en bespreek die wittebrood vooruit.
  • Repetisie aandete planne moet al begin het.
  • Trou skryfbehoefte ontwerpe gefinaliseer het.
  • Spaar die datum kaartjies moet uitgestuur wees.
  • Grimering en Haarstilis moet bespreek wees.
  • Lys van dinge om te doen vir buitelandse gaste.
  • Verlowing fotosessie moet bevestig wees.
  • Vervoer vir jul trou gaste moet bespreek wees.
  • Danslesse bespreek en bywoon.
  • Musiek keuses lys vir jul troudag.
  • Spyseniering.
  • Paspoorte en Visas (indien nodig).
  • Troukoek bestelling geplaas.
  • Finaliseer diensverskaffers databasis.
  • Bruidegom se uitrustings.
  • Bruid se bykomstighede.
  • Troupant.
  • Dink aan gaste geskenke.
  • Geskenk register.
  • Trou uitnodigings gestuur.
  • Finaliseer al die dekor elemente.
  • Pas weer jou trourok aan.
  • Kyk na skoene vir jul troue.
  • Finaliseer die strooimeisies se rokke.
  • Gee ekstra aandag aan selfdoen projekte.
  • Bekyk weer jul diensverskaffers databasis.
  • Geskenke vir ouers en gaste.
  • Laaste diensverskaffer veranderinge.
  • Gaan deur al jul notas.
  • Tydlyn vir jul troudag.
  • Finale Trourok aanpassing.
  • Trou Program.
  • Kyk weer deur finale bevestigde gastelys.
  • Allokeer gaste by tafels.
  • Finale liedjie keuses.
  • Lys van spesifieke foto’s aan fotograaf.

Bevestig met diensverskaffers telefonies die dag voor jul troue:


Hierdie is so bietjie administratiewe werk, maar dit sal julle stres vlakke baie verminder.  Julle het nou al ʼn lys van al jul troudiensverskaffers en ook jul tydlyn met die trou diensverskaffers bespreek.  Neem daardie lys en die tye wat elke trou diensverskaffer by die trou venue en of aantrek plek moet wees en kontak elke trou diensverskaffer die dag voor die tyd.

Maak seker die diensverskaffer weer die tyd wat hy/sy moet arriveer en dat die persoon weet wie om mee te praat ensovoorts.  Net die vinnige klein details.

Neem ʼn rus kansie:


Dit is belangrik om soveel moontlik te rus voor julle troue. ʼn Troue is ʼn besige dag en glo ons julle sal wens julle het gerus die dag voor die tyd as julle nie het nie.

Neem die dag om saam as verloofdes te ontspan of as julle nie bymekaar is nie, om saam met vriende en vriendinne die dag te ontspan.  Gaan vir daardie spa-sessie en ontspan in die borrelbad.

Pak julle wittebrood tassie:


As julle onmiddellik op wittebrood gaan, maak seker julle pak julle wittebrood tassie en maak seker alles wat julle wil pak is bymekaar.  Onthou julle paspoorte, vlug kaartjies, bevestiging dokumentasie ensovoorts, indien julle oorsee gaan reis.

Dinge om te vermy voor julle troudag:


Klik hier en lees ons artikel wat ons geskryf het oor die dinge wat julle moet vermy voor julle troudag.  Dit sal julle insig gee om die beste troudag ervaring te hê.

Laastens:


Vertrou dat alles goed gaan verloop en geniet die troudag.  Onthou om tyd saam met julle geliefdes te spandeer op die dag van die troue en moet nie te veel stres oor dinge wat nie loop soos dit moet nie.  Dit is een dag, so neem so veel daarvan in en geniet elke oomblik daarvan.

Artikel Krediet:

  • Artikel: Mooi Troues
  • Foto’s: Pexels