Trou Beplanning Advies Stap 10 van 12

Portrait of happy young couple using laptop on the sofa at home.

Mooi Troues se lesers kan ons 12-stap trou beplanning advies reeks van artikels volg wat maandeliks op Mooi Troues gepubliseer sal word.  In hierdie advies artikels gee ons vir jou elke maand ʼn lys van items waaraan jy moet aandag gee.  Ons het die trou beplanning opgebreek in kleiner stukkies, sodat dit nie só oorweldigend is om alles op eenslag te lees nie.

Om ʼn troue te beplan is baie stresvol, veral as jy ʼn selfdoen troue wil hou.  Mooi Troues help jou om dit maklik en stresvry te doen met ons reeks opvolgende advies artikels.  Klik hier vir meer advies artikels.

Ons het die vorige keer die nege van ons twaalf maande trou beplanning aftiklys gedeel.  Teen die tyd moes julle al meeste van jul trou diensverskaffer bespreek het.  Dinge behoort nou bietjie meer struktuur te kry en die vloei van die trou beplanning moet al meer aan die gang wees.

As julle nog nie die punte in ons vorige artikels gedoen het nie, moet nie stres nie, jul kan dit doen teen jul eie spoed.  Hierdie artikels is slegs ʼn riglyn vir jou om te gebruik om jou troue minder stresvol te maak deur ʼn jaar voor die tyd al met die beplanning proses te begin.  Daar is paartjies wat daarvan hou om hulle troue in korter tydperke te doen, met bietjie meer stres.  Daar is niks fout daarmee nie.

Vir ons tiende artikel van ons 12-stap trou stap trou beplanning advies reeks, rol af.

Wat jul teen die tyd moes gedoen het:


As julle nog nie begin beplan het aan jul troue nie, moet nie stres nie, daar is altyd genoeg tyd.  Dit beteken net dat julle meer moet doen oor ʼn korter tydperk.  Dit is nie onmoontlik nie, julle sal net meer moet fokus en aandag gee aan julle trou beplanning proses.

Onder is ʼn riglyn van min of meer wat jul teen nou al moes gedoen het as julle ons 12 stap reeks volg:
  • Die Begroting moet nou al gefinaliseer wees, sodat jy weet waarop jy wat kan spandeer.
  • Trou Datum van julle troue.  Dit moet definitief al gefinaliseer wees.  Sonder ʼn datum kan julle niks bespreek nie.
  • Venue vir jul troue moet teen die tyd al gefinaliseer wees.  Onthou om jou deposito te betaal en ook die kontrak baie noukeurig deur te lees voordat julle dit teken.
  • Bekende Trou Diensverskaffers moet teen die tyd al bespreek wees.
  • Fotograwe en Videograwe moet nou al bespreek wees.
  • ʼn Idee hê van die dekor styl waarvan julle hou, asook die algehele styl van die troue.
  • Julle troue moet al verseker wees.
  • Finaliseer die gastelys van buitelandse gaste.
  • Finaliseer trourok keuses.
  • Finaliseer die bruidegom se pak.
  • Seremonie besonderhede bespreek.
  • Ontmoet met jul huweliksbevestiger.
  • Platejoggie, klank en musiek moet al bespreek wees.
  • Finaliseer verblyf opsies.
  • Maak kortlys van dekor items vir huur.
  • Finaliseer die troukoek.
  • Beplan en bespreek die wittebrood vooruit.
  • Repetisie aandete planne moet al begin het.
  • Trou skryfbehoefte ontwerpe gefinaliseer het.
  • Spaar die datum kaartjies moet uitgestuur wees.
  • Grimering en Haarstilis moet bespreek wees.
  • Lys van dinge om te doen vir buitelandse gaste.
  • Verlowing fotosessie moet bevestig wees.
  • Vervoer vir jul trou gaste moet bespreek wees.
  • Danslesse bespreek en bywoon.
  • Musiek keuses lys vir jul troudag.
  • Spyseniering.
  • Paspoorte en Visas (indien nodig).
  • Troukoek bestelling geplaas.
  • Finaliseer diensverskaffers databasis.
  • Bruidegom se uitrustings.
  • Bruid se bykomstighede.
  • Troupant.
  • Dink aan gaste geskenke.
  • Geskenk register.
  • Trou uitnodigings gestuur.
  • Finaliseer al die dekor elemente.
  • Pas weer jou trourok aan.
  • Kyk na skoene vir jul troue.
  • Finaliseer die strooimeisies se rokke.
  • Gee ekstra aandag aan selfdoen projekte.
  • Bekyk weer jul diensverskaffers databasis

Koop geskenke vir ouers en gaste:


As julle ‘n begroting uitgesit het vir gaste geskenke, dan kan julle dit nou begin aankoop of bestel.  Onthou om ook ‘n geskenk te koop vir alle ouers wat die troue bywoon.  Julle hoef nie oorboord te gaan met jul geskenke nie, dit is meer die idee wat tel as die geskenk se waarde.

Maak laaste diensverskaffer veranderinge:


As julle nog enige veranderinge moet maak aan jul trou diensverskaffers is dit nóú jul laaste kans.  Moet nie te kort voor die troue enige trou diensverskaffers veranderinge maak nie.  Dit kan gevaarlik wees en julle mag moontlik nie kry waarvoor julle soek nie.  Fokus op julle bestaande trou diensverskaffers en bespreek eerder met hulle as julle ʼn nuwe idee het.

Gaan weer deur al julle notas:


Heel aan die begin het ons gesê julle moet ʼn Pinterest bord of iets soortgelyk hê waar julle al jul idees en notas kan stoor.  As julle nie een het nie is dit nou die tyd om een bymekaar te kry om al julle idees bymekaar te hou.  Gaan deur al julle notas, al julle diensverskaffers en jul beplanning notas.   Maak seker julle het wel alles wat jul wou hê en as julle dink jul kort nog iets doen julle navorsing en probeer dit gedoen kry.

Dink aan die tydlyn van jul troue:


As julle alles gefinaliseer het is dit nou die tyd met die “op die dag” tydlyn te beplan.  Dink aan die trou diensverskaffers wat betrokke gaan wees by jul troue.  Onthou die dag beplanning sal deur die trou koördineerder gedoen word indien julle een het.  As julle ʼn selfdoen troue het sal julle self moet dink aan jul troudag se tydlyn.  Dit is dieselfde struktuur as julle troudag se program, net met meer detail oor watter trou diensverskaffers watter tyd waar moet wees.   Klik hier om meer te lees vir trou tydlyn advies.

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Krediet:

    • Foto’s: Pexels
    • Artikel: Mooi Troues