As jy hou van ʼn weelderige gevoel wat steeds gemaklik is, is hierdie fotosessie so reg in jou kraal. Die span het bymekaar gekom om ʼn fotosessie uit te beeld wat weelderig en luuks voel, maar ʼn stywe, formele gevoel vermy. Lees onder die slim wenke wat gegee word om die tema te gebruik. Sowel as die diensverskaffers wat almal deel gevorm het van hierdie projek te vind. Let op hoe selfdoen dekor soos die goue blare gebruik word om plaasvervangers te wees vir ander dekor items en sommer ook ʼn goedkoop alternatief is tot verhuring. Hierdie tema is klassiek en kan maklik aangepas word om by ʼn bruid se persoonlike smaak te pas wat hierdie as ʼn riglyn wil gebruik. Beslis ʼn wenresep!
Wat was die inspirasie vir die fotosessie?
Die inspirasie agter die fotosessie was beslis die gevoel van luuksheid en weelde wat jy kry as jy by Steenberg Hotel en Catharinas restaurant instap. Alles daar het n tipe van ʼn glans! Dit voel of die mense altyd glimlag en die son altyd skyn, hoe kan mens dit dan weerstaan? Die kombinasie van klassieke oud-wêreldse sjarme met moderne elemente het ons betower. Bygesê het die ontwerper al ʼn rukkie die spesifieke goue lap en pêrel-kant in haar studio gehad. Toe die geleentheid opduik toe weet sy nou is haar kans om die rok te skep! Van daar af het al die elemente in plek geval, alles sou rondom die hotel, restaurant en rok werk. Klassiek, glansend en vars.
Hoe het julle die span saamgestel?
Die span is saamgestel uit diensverskaffers wat ons geglo het die klassieke, amper koninklike, gevoel van die tema sou kon saamvat. Astrid Bradley, die fotograaf, het ʼn absolute oog vir styl en detail en dit was sy wat Courtney Shaw, die model, voorgestel het.
Courtney is wat mens noem skoonheidskoningin-beeldskoon, so natuurlik moes ons haar as die koninklike hoofkarakter gebruik!
Estelle en Rini, die bloemiste en stiliste, se gehalte werk kan in ʼn paleis vertoon word, daarom was ons baie opgewonde toe hulle instem. Hulle bring toe sommer ook The tablecloth hiring company in wat die pragtige, ryk tafeldoeke verskaf het.
Suzanne, die hare en grimering-kunstenaar, sowel as Pretty in Stains, die grafiese ontwerper, se werk het ons onlangs ontdek en dadelik geweet hulle is die soort kunstenaars wat sal kan toor met die tema!
Natuurlik moes ons ʼn weelderige koek ook hê, daarvoor het Annique van Of Beans And Cupcakes, ons bakster, en Chatarinas restaurant gesorg.
Wie het die fotosessie organiseer?
Die trourok ontwerper, Charlotte Pretorius van Charlotte Francina Designs het dit georganiseer.
Wat was vir julle die spesiaalste deel van die fotosessie?
Die spesiaalste deel was juis dit wat ons nie kon beplan of voorsien nie! Die absoluut lieflike gees van samewerking en positiewe geaardhede betrokke by die fotosessie het die dag regtig merkwaardig gemaak. Steenberg en Catharinas se personeel het ons op die hande gedra, en ons so welkom laat voel, ten spyte van die feit dat ons hul pragtige fasiliteite oorgeneem het! Die dag was net ʼn plesier, met die stilis en grimeerkunstenaar wat vrolik gesels, tot die sprankelende model en lewendige fotograaf wat net nie wou moeg raak nie! Dit is min dat sterk kreatiewe individue so sorgeloos kan saam lag en werk sonder spanning en steeds die mooiste produk lewer.
Watter raad het julle vir bruide wat die tema wil volg?
Moenie bang wees vir weelde nie! Ou-wêreldse dekor en kleure is juis weer ʼn opwindende tema teenoor meer minimalistiese, moderne idees. Balans is alles bv. goue eetgerei en blaartjies saam met aardse servette. Of handevol pêrels op ʼn rok in kombinasie met natuurlike hare en grimering. Laat jou keuse van venue jou lei, herhaal kleure en details wat reeds in en om die vertrek is. So skep mens ʼn geheel-prent wat sin maak en vloei. Laastens, weelde beteken nie noodwendig dat die dag ‘styf’ of formeel hoef te voel nie. Behou die varsheid met ligte blomme en spelerige elemente soos goud geverfde blaartjies wat gestrooi word op die tafel.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Venue: Steenberg Wine Estate
- Fotograaf: Astrid Bradley Photography
- Blomme, Dekor & Stilering: Stalk of the Town
- Troukoek: Of Beans and Cupcakes & Catharina’s Restaurant
- Hare en grimering: Skoonlief
- Trourok: Charlotte Francina Designs
- Skryfbehoeftes: Pretty in Stains
- Linne: Table Cloth Hiring Company
- Model: Courtney Shaw
- Agentskap: FanJam